Matteus 6:14-15. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”
Terwyl ons leef in die belofte dat God ons oortredings vergewe as ons daarvoor vra en graag wil hê dat ander ons moet vergewe, is dit steeds nie vir ons maklik om ander te vergewe nie. Dink vandag aan almal teenoor wie jy ’n grief koester en wie se name diep in jou siel weggebêre lê. Alhoewel ons dikwels dink dat ons as gelowiges binne die basiese waardes van ons geloof leef, vang hierdie uitdaging ons onkant. Vra die Here om jou vandag te help om die leêrs van jou siel te deursoek en hulle wat jou te na gekom het, te vergewe. En let wel dat hierdie vergifnis nie in die eerste plek afhanklik is van wat hulle gedoen, of nie gedoen het nie.
Die moontlikheid van ons eie vergifnis lê nie in ons beoordeling van die meriete van ’n saak nie, maar in God se genade alleen.
Gebed
Ons Vader wat woon in die hemel, geheilig Sy u naam, laat u ryk kom, u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde. Gee ons vandag ons dag se brood en vergeef ons al ons skulde, net soos ons die vergeef wat teenoor ons oortree het. Laat kom ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die bose. Van U is die ryk en die sterkte en die ere, vir ewig en ewig.
AMEN.