Gedagte vir die dag | Saterdag 13 November 2021

 

Ek lees hierdie week ’n gedeelte van Henri Nouwen, ’n bekende teoloog wat sê: “The great secret of the spiritual life, the life of the beloved Sons and Daughters of God, is that everything we live, be it gladness or sadness, joy or pain, health or illness, can all be part of the journey toward the full realization of our humanity” Mag sy woorde ons inspireër om die geskenk van lewe wat God vir ons elkeen gee, te ontvang en te koester.

Ek nooi jou uit om jou oë toe te maak en hierdie gebedswoorde te ontvang:

God in ons waagmoed, God in ons versigtigheid, op hierdie dag groet ons mekaar as medereisigers wat saam oppad is.  Ons gee erkenning aan dit wat elkeen van ons met ons saamdra: dankbaarheid en hartseer, opgewondenheid en angstigheid, innerlike wroegings en gesamentlike hoop.  Soos ons die volgende tree op die groot pad van die lewe neem, mag ons onthou dat ons nie alleen reis nie, maar saamstap.