1 Konings 2:3 3″Hou jou aan wat die Here jou God jou voorskryf en lewe daarvolgens. Gehoorsaam sy voorskrifte, sy gebooie, sy bepalings en sy verordenings soos dit opgeskryf is in die wet van Moses. Dan sal jy voorspoedig wees in alles wat jy doen en oral waar jy gaan.
Die algemene konsep van gehoorsaamheid, beide in die Ou en Nuwe Testament, hou verband met om te hoor of luister na ‘n hoër gesag. Een van die Griekse terme vir gehoorsaamheid vertolk die idee om jou onder iemand te posisioneer deur jouself aan hulle gesag en opdragte te onderwerp. Volgens Holman se Geïllustreerde Bybelwoordeboek is ‘ n bondige definisie van Bybelse gehoorsaamheid “om God se Woord te hoor en dienooreenkomstig op te tree.”
So, Bybelse gehoorsaamheid aan God beteken eenvoudig om te hoor, te vertrou, te dien en aan God en sy Woord oor te gee. Ek wil graag met jou ag redes deel waarom gehoorsaamheid aan God belangrik is:
- Jesus roep ons tot gehoorsaamheid
In Jesus Christus vind ons die perfekte model van gehoorsaamheid. As sy dissipels volg ons Christus se voorbeeld sowel as sy opdragte. Ons motivering vir gehoorsaamheid is die liefde.
- Gehoorsaamheid is ‘n daad van aanbidding
Terwyl die Bybel sterk klem lê op gehoorsaamheid, is dit belangrik om te onthou dat gelowiges nie geregverdig word deur ons gehoorsaamheid nie. Redding is ‘n gratis gawe van God, en ons kan niks doen om dit te verdien nie. Ware Christelike gehoorsaamheid vloei uit ‘n hart van dankbaarheid vir die genade wat ons van die Here ontvang het.
- God beloon gehoorsaamheid.
Oor en oor lees ons in die Bybel dat God die gehoorsaamheid seën en beloon.
- Gehoorsaamheid aan God bewys ons liefde.
- Gehoorsaamheid aan God demonstreer ons geloof.
- Gehoorsaamheid is beter as offers.
- Ongehoorsaamheid lei tot sonde en dood.
Die ongehoorsaamheid van Adam het sonde en die dood in die wêreld gebring. Maar Christus se volmaakte gehoorsaamheid herstel ons gemeenskap met God, vir elkeen wat in Hom glo.
- Deur gehoorsaamheid ervaar ons die seëninge van die heilige lewe.
GEBED
Hemelse God en Vader Help my om aan U gehoorsaam te wees. Amen