Gedagte vir die dag | Maandag 7 Maart 2022

 

Lukas 1:78-79. danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

Daar is ’n Spaanse woord wat ek dink gelowiges se houding in Lydingstyd baie mooi saamvat.“Esperar” wat beteken om te wag en te hoop. Baie van ons is dalk in so ’n plek in ons lewens waar ons ook op iets wag en hoop.  Ek vermoed dat ons onsself die meeste van die tyd in sulke plekke,  maar miskien meer in dié tyd van die jaar bevind. Ons het ‘n hoopvolle verwagting dat ons op Goeie Vrydag by ’n oop graf sal staan. Ons wag met hoop dat God ’n God is van lig wat in die donker inskyn, selfs in die graf.

Neem ’n paar oomblikke vandag en mediteer op hierdie teksgedeelte en rus in God se vrede.

Ek lees graag vir ons ‘n gebed van Padraig O Tuama.

God of promises,

Sometimes we wait generations, for the dawn from on high; sometimes only years.

We wait for justice and hope and light and kindness to mingle in the tangle of our days.

And we age while we hope.

So may we age and hope with tenderness and truth,

because you are tender and true even though we sometimes wonder.

Amen