Gedagte vir die dag | Maandag 27 Junie 2022

’n Gebed van Frieda van den Heever. Jy is welkom om jou oë toe te maak en hierdie woorde te ontvang.

Ons Vader, wat nêrens woon nie en oral bly

Laat U naam wyd en gewyd bly, hoe dit ook sy

Laat U Ryk ons kom en gaan bepaal

U nuwe wêreld ons stukkie vir stukkie kom haal

Soos in die hemel, so ook op die aarde.

Leer ons om ‘n dag op ‘n slag te leef

En vergewe ons as ons die punt mis, nes ons ander vergewe wat ook die punt mis.

Laat ons soeke nie in versoekings ontaard nie

En ons vind nie die van die Bose wees nie

Want niks is soos U IS nie

En U is al en alles in ons wat IS

U Is en IS en IS

Vir ewig en ewig

Amen