Teks: 1 Korintiers 13: 4-7. 4Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
’n Gedig deur Stef Bos in refleksie oor liefde:
Mens moet van twee kante
kom om mekaar te ontmoet
jy moet eintlik
toevallig onderweg wees
jy moet geen doel voor oë hê
en jy moet laat gebeur waarvoor jy bang is
jy moenie alles wil verklaar nie
voor jy jou kom kry het jy
en die ander oorlog verklaar
mens moet van twee kant
kom om mekaar te ontmoet
jy moet jouself iin die ander
durf sien
sonder om in die ander
te verdwyn
dit kan opeens sommer
voor jou staan
en lyk na iets waarvan jy liefs wil vlug
dit is die aardige van geluk
jy maak dit waar of jy maak dit stukkend
dit kan jou bedreig dit kan jou behoed
maar mens moet van twee kante kom
om mekaar te ontmoet