Gedagte vir die dag | Maandag 12 Julie 2021

Johannes 4: 5-10.  5Hy kom toe by ‘n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. 6Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. 7Daar kom toe ‘n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My ‘n bietjie water om te drink.” 8Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 9Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ‘n Jood is, vir my, ‘n Samaritaanse vrou, water om te drink?”  Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. 10Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My ‘n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

Water is lewe. Die Bybelse mense het dit goed verstaan.  In ’n woestynklimaat word jy aan jou afhanklikheid herinner.  Jesus ontmoet die Samaritaanse vrou by die put.  Skielik is die put nie net meer ’n plek nie; Jesus word die put.  Hy word vir die vrou die bron van lewende water.  Jesus is die fontein waaruit ons leef en die water waarna ons smag.  Daar is ’n gebed van Pierre Talec wat die volgende sê:

Lord, help us find the well

Where you await us

At every stage of our life

God, wat met ons elkeen ’n pad stap, stap nie net saam nie; Hy wag reeds vir ons by die volgende put om ons te voed vir ons reis vorentoe.  Hy wag nie net vir ons nie; Hy is die put, die fontein waaruit ons lewenswater drink.

Mag jy soos die Samaritaanse vrou ook kom rus, kom herstel en kom leef vanuit die bron van lewende water.