Gedagte vir die dag | Maandag 11 Januarie 2021

Psalm 94:18 & 19.  Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.

Junita du Plessis sing hierdie pragtige lied:

Smarte soms te diep om te beskryf
Nie eers trane kan die rou en die seer verdryf
Ek voel alleen, leeg en moedeloos
So alleen, bang en baie broos
My krag is min.  My krag is min

Here hier by u Voete kom val ek neer
Want net U verstaan, U weet ek kan nie meer
Elke seermaak klip gegooi het my gekneus
Net in u teenwoordigheid sal ek genees
Druk my teen u bors.  Druk my teen u bors

Jesus hou my vas. Hou my vas
Hou my stywer vas vanaand
Want ek het U nodig. Ek het U so nodig
Jesus hou my vas. Hou my vas
Hou my net stywer vas vanaand

Net in U Arms, dis waar my siel sal rus
Here U maak elke stukkende hart weer heel
ʼn Houtkruis en u Bloed op my geseël
Laat u Gees soos water deur my spoel
Vader laat my u Arms om my voel
Vul my met vrede.  Vul my met u vrede
Jesus hou my vas. Hou my vas…

GEBED
Hou my styf vas Here, wanneer my voete gly.
Hou my vas Here, as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my, Here, wanneer die trane vryelik vloei.
Genees my hart, Here, wanneer my hart bloei.
Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel.

Gee sekerheid as ek dink die lewe is sonder ‘n doel.
Wees U my Vriend as mense my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad.
Wees U my geneesheer as ek siek is & vol pyn.
Wees U my kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my anker as die vloed my mee wil sleur.

Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.
Wees U my stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my Vertroue as ek voel daar is geen meer hoop.
Duisend maal dankie, Here, dat ek dit van U mag vra.
Duisend maal dankie, Here, dat U my deur alles dra.

AMEN.