Gedagte vir die dag | Donderdag 8 Junie 2023

Die Woestynvaders en moeders was ‘n groepie gelowiges wat ‘n paar jaar na Jesus se dood in ‘n klooster in die woestyn gewoon het en hulle lewe gewy het aan gebed. Een van die gebedsrituele wat hulle elke oggend ingeoefen het, was ‘n ritueel wat hulle gehelp het om bewus te word van God wat oral rondom hulle is. Hierdie ritueel was genoem ‘n asemhalings gebed. Ek wil jou nooi om dit vanoggend saam met my te doen. Ek wil jou uitnooi om vir die volgende paar oomblikke jou oe toe te maak en rustig in te asem. Probeer om dit wat swaar op jou skouers rus en dit wat jou gedagtes vol maak eenkant toe te skuif en in jou gedagtes vir jouself te se- Ek gaan nie nou daaraan tyd spandeer nie, ek sal dit later doen.

Terwyl jou oe toe is wil ek jou vra om rustig in te asem en elke keer as jy inasem, in jou gedagtes vir jouself te se – God se Gees is in my. En elke keer as jy uitasem, wil ek vir jou vra om in jou gedagtes vir jouself te se- God se Gees is by my.

Terwyl ons so in gebed bly lees ek graag vir julle ons oggendgebed deur Lizl Joubert

Here, God, U is oral;

In lig en donkerte,

In volheid en pyn,

In hoop en onsekerheid.

U is soos ‘n mantel om my:

Alles wat met my gebeur, gebeur eers met U;

Daarom is ek nooit alleen nie.

U loop voor, U loop saam,

U dra en U huil.

Here God, U is oral

En U “wees” is altyd dienend en vol deernis.

Daarom kan ek my altyd in u hande oorgee.