Gedagte vir die dag | Donderdag 6 Mei 2021

Spreuke 31:8-9.”Praat jy vir die wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van die wat ten gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.”

Die vraag in hierdie teks tref ons vandag direk omdat die realiteit binne die teks daagliks voor ons afspeel. ‘n Mens is bang dat wanneer jy vir iemand anders voorspraak maak dat jy jouself moontlik kan kan benadeel. Dit is dan ook waarskynlik die rede vir baie mense se stilswye oor die onregte wat daagliks voor hulle afspeel.  Dan kier ons om te sê: “Dit is nie my besigheid nie en dit raak nie my lewe nie.”

Die kwessie is dus nie dat ons nie die onreg om ons sien nie, maar dat ons eerder kies om weg te kyk en voor te gee dat ons dit nie sien nie. Dink aan die onreg wat wel om jou afspeel en waaroor jy wel ‘n sê het. Sien die bekende gesigte van mense wat daardeur geraak word. as op om nie impulsief en oorhaastig te reageer nie. Neem jou tyd en vra die Here vir die wysheid om die situasie wat vir jou wag te hanteer.

Gebed

Here, daar is soveel onreg waaroor ons elke dag kla en waarin ons die regering, leiers of ander aankla. Tog, speel hierdie onreg elke dag voor ons af. Help my Here om nie vandag daarby verby te kyk nie. Bewaar my van impulsiewe en beskuldigende reaksies en gee my die wysheid om die situasie waarby ek betrokke is,  reg te hanteer.

Amen.