Gedagte vir die dag | Donderdag 5 Mei 2022

Ek deel vandag met jou ’n aantal beloftes van God uit Sy Woord. Mag jy aan hierdie beloftes vashou.

  • God hou sy beloftes – “God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie waar maak nie? ” (Num.23:19).
  •  God luister na ons gebede – “Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen ” (1 Pet.3:12).
  •  God antwoord ons gebede – “Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor” (Jes.65:24).
  •  Belofte oor verlossing – “God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word ” (Joh.3:17).
  •  Belofte oor vergifnis – “Maar as ons ons sondes bely -Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh.1:9).
  •  Belofte oor die Heilige Gees – “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie gawes te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra” (Luk.11: 13). 
  • Belofte oor verlossing van die Bose – “Die Here is getrou: Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar” (2 Tess. 3:3).
  •  Belofte oor sy teenwoordigheid – “En onthou: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld ” (Matt.28:20).
  •  Belofte oor geestelike groei – “Ek is veral daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end uit sal voer en dit sal voleinding op die dag wanneer Christus Jesus kom” (Fil.1:6).
  •  Belofte oor God se liefde – “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was ” (Rom.5:8).
  •  Belofte oor die ewige lewe – “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê ” (Joh.3:16).
  •  Belofte oor die wederkoms van Jesus – “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh.14:2-3).

GEBED

Here dankie vir al U beloftes wat ek vandag kon ontvang. Amen