Gedagte vir die dag | Donderdag 3 Maart 2022

 

1 Johannes 4:15-16.  Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God. 16En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.

Lydingstyd nooi mense uit om bewus te word van ons seer, skaamte en dat ons almal maar mense is met foute en tekortkominge. Dis ook ‘n tyd wat ons mekaar herinner dat die Here ons ook uitnooi om verder te kyk as wat ons nou hier voor ons sien,of ervaar.  Ons word opnuut herinner dat lig wel die duisternis oorwin het. En wanneer ons probeer om lief te hê en om deernis te hê, moet ons ook op kyk en verder kyk as wat ons nou sien. In hierdie eerste paar dae van lydingstyd is ons diep bewus van ons afhanklikheid van God en dat ons die meeste van die tyd sukkel om die lewe reg te kry.  Mag ons dan vashou aan die woorde dat God ons lief het, met ‘n liefde wat ons vry maak om lig te wees in tye van donkerte.

Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela-gemeenskap in Ierland

God of the dust we were before

God of the dust we will become,

God of the breath that has brought this dust to life:

Each day contains a miracle bounded by our morality.

In this season, we mark ourselves as creatures dependent on you,

Drawn up from a shared earth,

And separated from each other

Only by a desire to be more that we are.

May we, who return to the earth,

Use these days to draw closer to you and to all those who share

This earth, this breath,

This animating love that can bring even ashes to life

Amen