Gedagte vir die dag | Donderdag 29 September 2022

Jakobus 2:18.  Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.

Refleksie

Jakobus praat hier reguit met ons as gelowiges. Dit is ’n uitdagende teksgedeelte wat van ons vra om ons geloof ernstig op te neem. In die gereformeerde tradisie bely ons dat ons deur geloof alleen gered word – ons kan nie ons redding verdien deur ons dade nie. Dit is iets wat ek met my hele hart bely. Jakobus herinner ons egter dat dít wat ons bely, nie net woorde moet bly nie, maar soos iets moet lyk.

Heidi Baker stel dit soos volg: “Love looks like something”. Liefde is ’n werkwoord, wat geleef moet word, nie net gesê moet word nie.

Mag ons liefde vandag soos iets lyk. Mag jy vandag, God se liefde sigbaar vir die mense rondom jou.

Gebed

Here, help my dat my geloof in U nie net woorde sal bly nie, maar dat ek U liefde sal tasbaar maak, sodat U koninkryk kan sigbaar word in die wêreld.

Amen.