Romeine 5:1-5. “1God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”
Pinkster daag volgelinge van Christus uit om ons geloof nie net uit te leef in die lig nie, maar meer so in die donker, of duisternis. Want dis in die donker – daar waar God ver voel, en waar dit stil raak, dis waar ons uitgenooi word om diep na die Gees te luister. Dis in sulke plekke waar ons ook bewus raak daarvan dat ten spyte van die afstand en stilte kan lig deur die krake in skyn. Dalk is die ligstrale nie baie helder nie, dalk is dit maar flou, maar dit is genoeg om ’n verskil te maak. Genoeg om die wêreld ’n mooier en meer betroubare plek te maak. Mag ons beide die lig en die donker uit God se hand ontvang.
Pinkster gebed
Why is the world so messed up?
I asked God,
So much anger, violence, poverty,
And everywhere I look
I see fear and doubt and loneliness.
Where, in all this sadness,
Is your light –
Your grace-
Your touch?
Take your boots off,
said God.
Gedig geneem van Soul Whispers deur Edwina Gateley.