Gedagte vir die dag | Donderdag 10 November 2022

Ek lees graag vandag vir ons ‘n gebed voor van Rachel Held Evens. Mag die woorde sag by jou kom le en jou help om te sien dat jou hele storie deur Jesus ontvang word:

Ons kom soos ons is – sonder om weg te kruip, sonder om toneel te speel, sonder om bang te wees.

Ons kom met ons materialisme, ons trots, ons kleinlike griewe teen ons bure, ons skynheilige minagting vir die veroordelende mense in die kerk langsaan.

Ons kom met ons angs oor die dood,

Ons desperaatheid om liefgehê te word,

Ons stormagtige verhoudings, ons knaende twyfel,

Ons beheptheid met status en selfbeeld.

Ons kom met ons verslawing aan middels, aan werk, aan besittings, aan beheer, aan kos.

Ons kom met ons verskille- oor politiek, oor geloof en oor ons omgewing.

Ons kom op soek na heiligdom en rus,

’n veilige plek om ons maskers af te gooi en uit te asem.

Ons kom om ons vuil wasgoed lug te gee voor God en almal anders, want as ons dit saam doen, hoef ons die langer bang te wees nie.