Gedagte vir die dag | Donderdag 10 Februarie 2022

Welkom by Donderdag, 10 Februarie se oordenking vir die dag. Mag jy vanoggend ware rus vind in die teenwoordigheid van die Here.

Ons is besig om saam te reis as mede-pelgrims. Die verskeie Psalms vanaf  Psalm 120 tot 134 staan bekend as Pelgrimsliedere. Vandag wandel ons saam in Psalm 122:

Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.” Ons voete staan in jou poorte, Jerusalem – Jerusalem, gebou as ’n stad wat as ’n eenheid saamgebind is, waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here, soos aan Israel voorgeskryf is, om die Naam van die Here te prys. Want daar staan trone vir regspraak, die trone van die huis van Dawid. Bid vir die vrede van Jerusalem: “Mag die wat jou liefhet, rustig leef; mag daar vrede wees by jou verdedigingswal, rustigheid in jou vestings.” Ter wille van my broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!”Ter wille van die huis van die Here ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.

Kom ons gaan na die huis van die Here om die Naam van die Here te prys. Mag ons daar bid vir vrede en mag ons die goeie nastreef ter wille van die huis van die Here ons God.

Watter emosie het die teks by jou losgemaak?

  • Skep dit opsies?
  • Bring dit hoop?
  • Maak dit vry?
  • Daag dit jou uit?
  • Gee dit rigting?

Gebed

Mag ons na die huis van die Here gaan om u Naam te prys. Mag die wat jou liefhet, rustig leef, mag daar vrede wees! Ter wille van die huis van die Here ons God wil ons die goeie vir u nastreef!

Amen