Carel Antonissen skryf onlangs dat terapeute reken dat ’n nostalgiese ontvlugting na asook ‘n ongesonde koestering van ons verlede, ons kan verhoed dat ons vry en sinvol in die hede kan leef. Ek dink baie van ons verstaan hierdie reaksie. Wanneer die spanninge en aaklighede van die hede ondraaglik word, is die verlede dikwels ‘n logiese en salige toevlug vir ons gedagtes en verbeelding.
’n Mens kan ook in die foute en sondes van die verlede vasval sodat jou huidige gevoel oor die lewe dié is van permanente skuld en selfverwyt. Hierdie las van die verlede kan so neerdrukkend en oorheersend word, dat ’n mens sukkel om die mooi en nuwe goed in jou lewe raak te sien.
Vir die wat vasgeval is in die verlede, hetsy op ’n nostalgiese of mismoedige wyse, is dit nodig om weer God se woorde in Jesaja 43:18-19 te hoor: “Moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur.”
Ek dink die uitdaging is om te midde van ons onrustige gemoedere, steeds terug te keer na die hede en te sien hoe die God van Christus ook deur swaarkry en lyding steeds sy koninkryk van vergifnis, vrede en versoening onder ons bring
God nooi ons uit om hierdie realiteite te gaan leef en dit vandag ook te deel met ander.
Ek lees graag ’n gedig van Vanessa Hughs
Living in the Now
What’s gone has made you what you are
So don’t fear what’s ahead
Put trust in what will be, will be
And choose to live instead
Don’t live in the now worrying
What may or may not be
Take this moment in your time
And live it totally
There’s no time like the present
Breathe deep and feel alive
Living in the here and now
Will help you rise and thrive
Now is all there ever is
It’s the only time that’s real
Let the future take its course
And leave the past to heal