Ek deel graag vandag ’n gebed van Rachel Held Evans wat onlangs oorlede is. Jy is welkom om jou oë toe te maak en haar gebed te ontvang:
Ons kom soos ons is – sonder om weg te kruip,
Sonder om toneel te speel,
Sonder om bang te wees.
Ons kom met ons materialisme, ons trots, ons kleinlike griewe teen ons bure,
Ons skynheilige minagting vir die veroordelende mense in die kerk langsaan.
Ons kom met ons angs oor die dood, ons desperaatheid om liefgehê te word,
Ons stormagtige huwelike, ons knaende twyfel,
Ons beheptheid met status en selfbeeld.
Ons kom met ons verslawings- aan middels, aan werk, aan besittings, aan beheer, aan kos.
Ons kom met ons verskille- polities, teologies, ras of sosio-ekonomies.
Ons kom opsoek na heiligdom en rus,
’n veilige plek om ons maskers af te gooi en uit te asem.
Ons kom om ons vuil wasgoed lug te gee voor God en almal anders – want as ons dit saam kan doen,
Hoef ons nie langer bang te wees nie.
Amen