Gedagte vir die dag | Dinsdag 15 Februarie 2022

Welkom by Dinsdag, 15 Februarie se oordenking vir die dag. Mag jy vanoggend ware rus vind in die teenwoordigheid van die Here.

Ons is besig om as medepelgrims saam te reis.  Die Psalms vanaf 120 tot 134 staan bekend as Pelgrimsliedere. Vandag sluit ons af en wandel saam in Psalm 134:

Kom! Prys die Here, julle almal, diensknegte van die Here, wat snags diens verrig in die huis van die Here. Hef julle hande op na die heiligdom en prys die Here. Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.

Watter emosie het die teks by jou losgemaak en waar nooi God jou uit om diensbaar te wees?

  • Skep dit opsies?
  • Bring dit hoop?
  • Maak dit vry?
  • Daag die teks jou uit?
  • Gee dit rigting?

Gebed

Here! Ons prys U Naam! Ons hef ons hande op na U! Mag U ons seën.

Amen