Flesse vol lekkers
Ons samel vanjaar weer glasflesse vol lekkers, vir minderbevoorregte kinders en gesinne in. Besorg op dié wyse ’n tikkie Kersvreugde in iemand se lewe. Bydraes kan elke Sondag in die voorportaal van die kerk in die mandjies by die Kersboom geplaas word, of op Sondag 28 November by die Kerssangdiens (08:30) ingegee word.
Flesse vol hoop
Ons wil graag oor die Kersgety glasflesse, gevul met droë bestand-dele, aan minderbevoorregte gesinne skenk. Die volgende bydraes word vir die projek benodig:
- Leë glaskoffieflesse (enige soort). Ons doen ook ’n beroep op besighede om leë glaskoffieflesse in te samel en te skenk.
- Rys, droë-sopmengsel, lensies, pakkies soppoeier en aftrekselblokkies. Die droë bestanddele kan in die oorspronklike verpakking afgegee word. Die projekspan sal dit self in die koffieflesse verpak.
Bydraes moet asseblief voor 22 Oktober by die kerkkantoor afgegee word.
Pasteie vir Loxton
Bestel gerus die volgende pasteie by Nicolette. Aflewering geskied een keer per maand.
Skaap: 200 gram – R120 (vir vier persone) | 500 gram – R110 | 800 gram – R160. Wild: 500 gram – R100
WhatsApp jou bestelling na Nicolette by 082 324 2064.
Ruyterwacht kospakkies
Die Ruyterwacht Dienssentrum versprei tydens die Kersgety kos-pakkies met niebederfbare produkte onder minderbevoorregte bejaardes. Kontantbydraes sal verwelkom word en kan oorbetaal word na NG kerk Stellenberg, Absa-tjekrekening, 145 058 0011, verwysing RUYTERWACHT. Sluitingsdatum vir kontantdonasies: 26 November.