Ons kerkgebou kan meer as 600 mense akkommodeer. Eredienste kan dus met die nodige sosiale distansiëring deur minstens 250 persone veilig bygewoon word. Geen besprekings vir die bywoning van eredienste is nodig nie. Die perseel word ook weekliks gesaniteer. Kerkgangers moet asseblief maskers dra vir die volle duur van die erediens, ook tydens sang.
-
Oggenddiens elke Sondagoggend om 09:00 in die kerk en aanlyn
Die direkte uitsending van die diens kan vanaf 09:00 via dié webwerf (KLIEK HIER) of die gemeente se YouTube-kanaal gekyk word. Die opname van die erediens is vanaf 10:00 op die webwerf en die YouTube-kanaal beskikbaar en kan dan enige dag, of tyd gekyk word.
-
Oukersaand 24 Desember om 19:00 in die kerk
Samesang met Kersliedere. Die byeenkoms is net ’n halfuur lank en ons sing bekende Kersliedere saam.
-
Kersdag 25 Desember om 07:30, 08:30 en 09:30 in die kerk en aanlyn
Drie Kersdienste word in die kerk en ook aanlyn aangebied. Die direkte uitsending van die 08:30-diens kan via die webwerf (KLIEK HIER) of die gemeente se YouTube-kanaal gekyk word. Die opname van die diens sal vanaf 09:30 op die webwerf en die YouTube-kanaal beskikbaar wees en kan dan enige dag of tyd gekyk word. Geen besprekings is nodig nie.
-
Oujaarsaand 31 Desember om 19:00 in die kerk en aanlyn
Die direkte uitsending van diens kan via die webwerf (KLIEK HIER) of die gemeente se YouTube-kanaal gekyk word.
Die meditatiewe diens (09:00 in die kapel) en die Relevantdiens (18:00 in die kerk) sal weer na die skoolvakansie hervat.