Eredienste 2020

  • Alle eredienste word in die lokale soos hieronder aangedui asook aanlyn aangebied.  Klik deur om na die aanlyndienste te kyk: AANLYN EREDIENSTE
  • Geen vooraf besprekings is nodig nie.

Vanaf 23 Januarie 2022 (Elke Sondag tydens skoolkwartale)

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn. 

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn.

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn.

Relevantdiens om 18:00 in die kerk en aanlyn.

Kategese hervat op 23 Januarie 2022

Annibrand junior groepe (graad 1 tot 7) ontmoet op die kerkterrein vanaf 10:00 tot 10:45 elke Sondagoggend tydens die skoolkwartaal.

Annibrand senior groepe ( graad 8 tot 11) ontmoet om 18:00 by die Relevantdiens in die kerk en verdeel na die diens in groepe.

Teetuin en kafeteria is oop

Die teetuin in die tuin voor die kerk en die kafeteria in die markplein is weer Sondag na die oggenddienste oop.  Geniet gratis tee en koffie in die teetuin.  In die markplein, met tafels en sitplek,  is cappuccino’s, tee, koffie en eetgoed te koop.