Dis weer uitreiktyd!

Deur: ds. Why Duvenhage

Die Covid-19-pandemie het die gebruiklike jaarlikse uitreike na ons verskeie uitreikgemeenskappe vir twee lange jare in die wiele gery. Dit was vir ons toegewyde uitreikers wat nie hulle geliefde uitreikdorpe kon bereik nie hartverskeurend, maar meer nog vir die jongmense, kinders en ander gemeenskapslede in daardie gebiede wat die insette van ons uitreikbediening baie gemis het.

Die goeie nuus is dat, soos die Here wil,  ons  wel hierdie jaar weer uitreike kan onderneem.  Die volgende uitreike word beplan:

  • Calitzdorp en Zoar: 25-30 Junie (saam met die jeug van Stellenberg, La Rochelle, Onrus)
  • Beaufort-Wes: Dieselfde datum: 25-30 Junie
  • Leeu-Gamka: 1-6 Julie

Ons glo en vertrou dat daar weer ’n groot belangstelling onder jongmense en ander volwassenes sal wees om deel van hierdie lewensveranderende  ervaring te raak. Skakel asseblief vir ds. Why Duvenhage of ds. René Potgieter, indien jy enige vrae oor die uitreike het.