



Foto's van links: Erick Zulch, Christiaan de Klerk, Tian Brand, Irving de Swardt, Mia van der Merwe, Paul Heyns, Madelaine Strümpher.
Nie minder nie as sewe gemeentekinders is tans voltyds besig om voorgraads en nagraads aan die Universtiteit van Stellenbosch se teologiese fakulteit te studeer.
Stellenberg-gemeente het jare gelede ’n erflating ontvang waarvan ons die rente kan gebruik om studente wat teologie studeer, finansieel te ondersteun. Die bedrag is egter klein en ons wil in die lig van studente se toenemende finansiële behoeftes aan ’n studiefonds begin bou. Die studiefonds sal deur die toerustingskommissie bestuur word.
Die kerkraad het ook aangedui dat daar voortaan jaarliks ’n deurkollekte-insameling ten bate van die gemeente se studiefonds sal wees. Lidmate wat ook individueel tot die studiefonds wil bydra, kan vir Marlise du Toit by die kerkkantoor in die verband kontak.