Dasgstuk | Saterdag 10 Februarie 2024

Alhoewel die maand van Februarie al aangebreek het is baie van ons se gedagtes nog by hierdie nuwe jaar wat voor ons lê. Iemand herinner my onlangs dat elke nuwe jaar ons op ‘n manier laat glo dat daar iets beters vir ons kan wees. Dat hierdie jaar beter gaan wees, of anders, of nuut. Ek dink dit vertel ook van iets van wat daar in almal van ons lê. ’n Versugting ’n transformasie en verandering. Nie almal van ons hou van verandering nie maar die natuur herinner ons dat verandering deel is van die lewe. Groei en konstante verandering is ’n teken dat ons lewe en nie besig is om dood te gaan nie.

Die vraag is dan seker, hoe verander ons? Of hoe het ons al verander? Sheila Cussons het ’n baie mooi ding geskryf. Sy verduidelik dat met alles wat rondom ons verander, is God ’n anker vir ons, sodat ons kan uitkyk en uitsien na die nuwe goed wat God oor ons pad bring. Sheila Cussons gebruik die woorde “Sagte Sprong” om die transformasie wat God binne ons bring, mee te beskryf. ’n Sprong beteken eerstens jy beweeg van een plek na ’n ander. Maar tweedens, dis sag. Dis nie harder probeer, meer bid, of meer glo sodat ek die goeie kan verdien nie. Dit is eerder om te val in die plek waar God my vashou. Ek lees vir ons graag haar gedig:

Die Sagte Sprong

Dit kom wanneer dit nie verwag word nie: ‘n aanraking van die verstand lig soos ‘n veer, vlugtig maar presies en jy dink as sy ligtheid so is, so potent dat die aandag nog lank daarna die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees? Dit kom wanneer dit nie verwag word nie: iets wat die bewussyn tot in die lewe tref, iets soos ‘n sagte sprong – vreugde, verbasing, vreugde, herkenning: hoe moet u vasvat wees?

Sheila Cussons