Diegene wat na die daaglikse dagstukke, wat deur ons gemeenteleraars saamgestel word, luister sou moontlik opgemerk het dat die stemopnames sedert die begin van Januarie ‘n bietjie meer profesioneel klink.
Gideon Murray, die gemeente se ervare klankman wat ook ervare in musiekproduksie is, help leraars sedert die begin van die jaar met die opname van hulle stemboodskappe. Ons vertrou dat dit die algehele kwaliteit van die opnames sal verbeter en dat dit vir luisteraars makliker sal wees om die opnames duidelik te volg. Indien jy dalk gewonder het aan wie die mooi stem behoort wat die stemopnames weekliks inlei – dit is die stem van Hilde Uys, wat ook die voorlesings by die Kerssangdiens behartig het.
Skandeer gerus die onderstaande QR-kode indien jy daagliks die dagstukke op jou selfoon wil ontvang.