Ek dink meeste van ons het ’n diep behoefte om te ken en geken te word. Om lief gehê te word en te voel – ek is genoeg. Dat iemand my raaksien. Dat ek myself raaksien en hou van wat ek sien. Ek vermoed baie van ons het geleer om so ver weg van onsself te leef, dat ons so vervreemd is van onsself of soos die digter Frieda van den Heever sê, ons werklik nêrens kan tuiskom of ’n heenkome vir ander mense bied nie.
As gelowiges glo ons dat dit die uitnodiging van Christus is. Ons reis saam met Hom, stroop ons van al die maniere waarop ons wegkruip vir liefde, vir God en vir ons self. Mag jy die eerste tree neem op hierdie reis Ek lees graag ‘n gedig van Derek Walcott. Mag sy woorde vir jou ‘n troos en ‘n uitnodiging wees:
Love after Love
The time will come
When, with elation
You will greet yourself arriving
At your own door, in your own mirror
And each will smile at the other’s welcome,
And say, sit here. Eat.
You will love again the stranger who was your self.
Give wine. Give bread.
Give back your hear
To itself, to the stranger who has loved you
All your life, whom you ignored
For another, who knows you by heart.
Take down the love letters from the bookshelf,
The photographs, the desperate notes
Peel your own image from the mirror.
Sit. Feast on your life.