Lees Jeremia 17:7-8
’n Ou Kerkvader Irenaues: “The glory of God is a human being fully alive.”
Dit was sy manier om te sê: God word geëer waar ’n mens voluit lewe, wanneer jy só in voeling is met jouself, jou diepste gevoelens, verlangens en drome, dat jy nie anders kan nie: Jy begin dit spontaan uitleef! Wanneer dit gebeur dan, so sê die Bybel, is ons lewe soos ‘n boom wat in volle bloei staan – wat altyd groen blare het en wat nie ophou om vrugte te dra nie. Hierdie oomblikke waarin jy in voeling met jou beste self kom, vind nie altyd noodwendig met groot toejuiging plaas nie. Ervaring leer ons dat dit meer dikwels in stiller oomblikke gebeur. Tye wanneer jy genoodsaak is om af te skakel, op te kyk van al jou werk en meer aandagtig te let op dit wat in en om jou gebeur. So mag jy met nuwe verwondering die grootsheid en gawe van die lewe en veral die natuur ontdek.
Ek lees graag vir julle ‘n gedig van Rilke wat hieroor reflekteer:
God speaks to each of us as he makes us,
then walks with us silently out of the night.
These are the words we dimly hear:
You, sent out beyond your recall,
go to the limits of your longing.
Embody me.
Flare up like a flame
and make big shadows I can move in.
Let everything happen to you: beauty and terror.
Just keep going. No feeling is final.
Don’t let yourself lose me.
Nearby is the country they call life.
You will know it by its seriousness.
Give me your hand.
Rainer Maria Rilke