Gedagte vir die dag | Saterdag 12 Maart 2022
Matteus 27:45:” Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur. Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?”
Aangrypende woorde wat mense – gelowiges en ongelowiges – oor eeue heen aangeraak het. Dit is sy vierde kruiswoord waaraan ons vandag nadink. Daar was algehele duisternis en vir drie ure van duisternis word die intensiteit van die kruisiging tot ’n hoogtepunt gevoer. Dan, in absolute pyn en Godsverlatenheid, roep die Seun van God in nood uit na Sy Vader!.
Die eerste drie kruiswoorde het gegaan oor mense rondom Hom, oor hul nood. Hier roep Hy nou vanuit sy eie nood na sy Vader, terwyl Hy ervaar dat die sonde van die wêreld op Hom afgelaai word en Hy die toorn van God op ’n emosionele wyse beleef.
Dit geld vir die hele wêreld, maar ook vir my en jou in ons sondeskuld en gebrokenheid.
Gesang 133:2 in die Liedboek beskryf dit so mooi!
“Ja, ek kos Hom die slae, die smarte en die hoon, Hy dra na Godsbehae, die kleed, die doringkroon. Vir my wonde, vir my moes Hy daar staan. Vir al my sonde, die bitter kruisweg gaan”.
NP van Wyk Louw het ook ’n aangrypende gedig geskryf wat by ons almal bekend is, maar ek wil graag dit vandag weer aanhaal:
Ecce Homo (NP van Wyk Louw)
“Omdat Hy my verlaat het, laat Hy my nooit alleen: ek hoor ál nagte ’n asem hyg en iets soos vroue wat sag ween.
Dan staan dit in die skemer daar: die Bleke aan die hoë kruis, en vul met die wete van Sy smart my hele huis.
Ek ken Sy dors, ek ken Sy angs (God het hom ook van my gewend); ek kan Sy wonde met name noem, en elke spyker is bekend:
Die Liefde skeur in elke hand, en deur Sy voete brand die Hoon: die Waan van Godheid is gedruk ook in Sy hoof as doringkroon.
Sy oë staar van die kruis en berg die heilige, ver-blou aarde deur totdat die dood hul vul; ek hoor uiteindelik die voorhang skeur.
Dan in die donker net die gloed van dowwe woord se helder spot in enkele letters bo Sy hoof: Dit is die God en Seun van God.”
Dankie Here Jesus Christus, dat U deur hierdie helse ervaring en duisternis ook my skuld op U geneem het.
Amen.
Gedagte vir die dag | Vrydag 11 Maart 2022
Vandag dink ons steeds aan Jesus wat aan die kruis hang op daardie eerste goeie Vrydag, terwyl Hy sy laaste woorde uitspreek. Vandag dink ons aan die derde kruiswoord waaroor ons in Johannes 19:25 lees.
“By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.’
’n Ongelooflike toneeltjie wat afspeel op Golgota! Jesus is steeds gefokus op die nood van mense rondom Hom, terwyl Hy self in die diepste, diepste pyn verkeer. Hy het eers vir skuldenaars by Sy Vader gepleit, omdat hulle nie weet wat hulle doen nie. Daarna het Hy vir ’n veroordeelde misdadiger gesê: “Ek dink aan jou, en sal jou die toekoms in neem.”
Hier is Hy in gesprek met die mense wat waarskynlik die naaste aan Hom geleef het, en die meeste emosionele pyn moes ervaar om Hom so aan die kruis te sien. Sy Moeder, Maria, en dan die dissipel vir wie Hy baie lief was (Johannes). Ek kan net dink hoe hulle huilend opgekyk het na Hom. Hulle pyn het sy pyn geword, daarom hierdie ongelooflike reëling wat weereens die hart van Jesus so duidelik wys: Versorgend, liefdevol en vol deernis. In hulle nood, verbind Hy hulle aanmekaar, en sê dat hulle mekaar moet versorg. Dis die voorstel van Jesus, hulle moet mekaar omhels, familie word en so sy liefde ervaar.
Jesus weet dat Sy uiteindelike familie die gemeenskap sal wees wat rondom Hom ontstaan, die ruimte waarbinne mense mekaar kan omhels en ondersteun en mekaar se smarte deel. Dit is wat Jesus hier voorstel. Dit is wat Hy vir mense voorstel sodat hulle mekaar kan koester . . . sy familie op aarde!
Kan ons nie ook hierdie derde kruiswoord van Jesus in ’n tyd van alleenheid, emosionele pyn en vereensaming aangrpyp nie. Ons het mekaar! Jesus stel voor dat ons na mekaar moet omsien, omhels en emosioneel vertroos deur mekaar se laste te dra. Gebeur dit met jou? Vind jy iewers ’n liefdevolle emosionele tuiste soos wat Maria en Johannes gevind het? Soos Jesus aan die kruis voorgestel het. Dis hoekom ons ’n familie is, ons doen dit wat Jesus vir ons leer en voorstel. Kom ons omhels mekaar met liefde en versorg mekaar met deernis.
Here, Help ons om meer en meer die geestelike en liefdes familiebande te bou as u familie op aarde.
Amen.
Gedagte vir die dag | Donderdag 10 Maart 2022
Ons reis in hierdie tyd deur die lydenstyd van Jesus en dink hierdie week spesifiek aan die sewe kruiswoorde wat Hy kreunend aan die kruis op Golgota geuiter het. Pas nadat Hy vir al die skuldenaars rondom Hom by Sy Vader gepleit het dat Hy hulle vergewe, begin daar ’n interessante gesprek tussen die gekruisigdes op Golgota. In hierdie gesprek hoor ons dan ook die tweede kruiswoord van Jesus.
Lukas 23:39: “Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster en gesê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself, en ons ook. Die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie, jy ondergaan tog dieselfde straf aan as hierdie man. In ons geval is dit regverdig want ons aanvaar die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerd gedoen nie. Verder sê hy: “Jesus dink aan my, wanneer U in U koninkryk kom.” Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
Ons het reeds gehoor dat die eerste drie kruiswoorde van Jesus op daardie Vrydag so ongeveer tussen 9:00 en 12:00 gesê is en dat Hy praat hy oor en met mense direk rondom Hom. Gister het ons stilgestaan by die eerste woord waar Hy ingetree het in sy pleitgebed: “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.” In die teks van vandag lees ons dat Hy met ’n misdadiger praat – ’n veroordeelde rower, ’n helverdienende sondaar. Wat ons diep tref is dat die tweede misdadiger vir Jesus intree. Hulle verdedig Hom teen die ander misdadiger en dan uiteindelik in hulle nood, as veragte mense van die samelewing, na Jesus roep: “Jesus dink aan my, wanneer U in U koninkryk kom”.
Ons sien die meelewende, deernisvolle hart van Jesus aan die kruis in sy laaste woorde. Jesus is kreunend van die pyn, maar nogtans wys Hy sy hart van omgee en liefde vir mense in nood, ook vir hierdie veragte misdadiger, hierdie persoon wat nie meer deur die samelewing gehoor word nie. Net voor Hy sterf roep Hy tot Jesus in sy nood. En dan Jesus se deernisvolle antwoord: “Ek hoor jou, Ek dink aan jou, Ek belowe vir jou ’n toekoms. Jy sal saam met my in die paradys wees.”
Raak hierdie tweede kruiswoord van Jesus ook jou hart aan? Waar jy ookal in jou lewensreis is en moontlik self diepe nood of veragting ervaar, of dalk eensaamheid? En wanneer jy na Jesus roep, antwoord Hy jou in hierdie woorde: “Ek hoor jou. Ek dink aan jou, Ek vat jou saam met my die toekoms in, jy sal saam met My in die paradys wees.”
Kom ons gryp weer hierdie liefdevolle bemoedigende belofte van Jesus aan, ook as ons dink aan die pragtige Taize-lied wat ons in hierdie tyd sing:
“Jesus o dink aan my wanneer U in u ryk kom”
Here Jesus, ons roep, soos hierdie veragte, skuldige misdadiger, ook na U. In ons nood pleit ons: “O Jesus, dink aan my.” Ons hou vas aan u belofte, en dat U vir ons ’n toekoms skep. Amen.
Gedagte vir die dag | Woensdag 9 Maart 2022
Dit is 9 Maart 2022. Ons gaan vandag die tweede week van Lydenstyd binne, nadat ons verlede week by ds Philipp gehoor het waaroor dit in hierdie spesiale tyd in ons kerkprogram gaan. Dit is ‘n tyd van diep refleksie, nadenke en selfondersoek.
Dit is ook ’n tyd van inkeer, gebed en selfontlediging. Op die manier, al is dit maar baie oppervlakkig, wil ons tog as volgelinge van Jesus met die lyding en opofferinge wat Hy op aarde gemaak het, identifiseer.
Ons wil hierdie komende week stil staan by die laaste sewe woorde van Jesus voordat aan die kruis op Golgota gesterf het. Daar word ook verwys na sy sewe kruiswoorde . . . die laaste sinne, of kreuninge van Jesus nadat Hy gekruisig is. Ja, dit is meer as sinne of woorde, dit is ook pynvolle pleitgebede en uitroepe na Sy Vader. En uiteindelik waar Hy finaal in oorgawe uitroep dat dit volbring is.
Ons lees vanoggend dus saam uit Lukas:23 waar Jesus se eerste kruiswoorde aangeteken is. Lukas 23:33 en 34. “Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle hom daar saam met die misdadigers gekruisig. Een aan die linkerkant, en een aan die regterkant. Toe sê Jesus: “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Aangrypende woorde van die Seun van God, wat as Seun tot Sy Vader bid nadat Hy gekruisig is. In my verbeelding sien ek hoe Jesus na almal om die kruis kyk en nadink oor die aantal ure in Jerusalem waar Hy gespot is, gespoeg is, geslaan is en uiteindelik gekruisig is. Ons sou verwag dat Hy hier aan die kruis tot Sy vader sou uitroep: “Vernietig hulle Vader, laat vuur uit die hemel op hul neerkom, oor dit wat hulle aan my, U seun doen.”
Maar dit is nie Jesus-taal nie, inteendeel – Hy kyk na hulle wat Hom aan hierdie hengse leiding onderwerp het en Hy bid vir hulle, pleit kreunend by Sy Vader met die woorde: “Vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Dis die hoogtepunt van Jesus se bediening . . . ’n getuienis waaroor die kruis gaan – vergifnis. Dit is waarvoor Jesus na die aarde gekom het! Nou word dit ’n realiteit Maar sy pleitgebed gaan verder as net die omstanders, die kwaaddoeners en die teenstanders. Dit sluit ook skuldenaars van alle tye en oor die wêreld heen in wat verkeerd gedoen het en mekaar in oorloë vernietig het. Wat Hom gespot en verag het, en wat tot in ons dag toe nog kwaad aan Sy skepping doen. Vir hulle pleit Hy ook, ook vir hulle wat gedurende die Lydenstyd by die oorlog in Oekraïne betrokke is . . . “Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”.
Laastens, sluit dit uiteraard ook elkeen van ons in – vir my en vir jou, waar ons ookal op ons lewensreis is. Ook vir my en jou bid Hy hierdie woorde: “Vader vergeef hom, vergeef haar, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Het jy vanoggend die behoefte om dit weer aan te gryp? Om weer net die bevestiging te hoor? Jou Verlosser aan die kruis, bid kreunend, pleitend ook vir jou ! Gryp dit weereens aan, en leef in die vreugde as ’n vergeefde mens.
Dankie Jesus vir hierdie eerste kruiswoorde. Dankie, dat U ook vir my gebid het en steeds bid: “Vader, vergeef hulle, want hul weet nie weet hul doen nie!” Amen
Gedagte vir die dag | Dinsdag 8 Maart 2022
Carel Antonissen skryf onlangs dat terapeute reken dat ’n nostalgiese ontvlugting na asook ‘n ongesonde koestering van ons verlede, ons kan verhoed dat ons vry en sinvol in die hede kan leef. Ek dink baie van ons verstaan hierdie reaksie. Wanneer die spanninge en aaklighede van die hede ondraaglik word, is die verlede dikwels ‘n logiese en salige toevlug vir ons gedagtes en verbeelding.
’n Mens kan ook in die foute en sondes van die verlede vasval sodat jou huidige gevoel oor die lewe dié is van permanente skuld en selfverwyt. Hierdie las van die verlede kan so neerdrukkend en oorheersend word, dat ’n mens sukkel om die mooi en nuwe goed in jou lewe raak te sien.
Vir die wat vasgeval is in die verlede, hetsy op ’n nostalgiese of mismoedige wyse, is dit nodig om weer God se woorde in Jesaja 43:18-19 te hoor: “Moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur.”
Ek dink die uitdaging is om te midde van ons onrustige gemoedere, steeds terug te keer na die hede en te sien hoe die God van Christus ook deur swaarkry en lyding steeds sy koninkryk van vergifnis, vrede en versoening onder ons bring
God nooi ons uit om hierdie realiteite te gaan leef en dit vandag ook te deel met ander.
Ek lees graag ’n gedig van Vanessa Hughs
Living in the Now
What’s gone has made you what you are
So don’t fear what’s ahead
Put trust in what will be, will be
And choose to live instead
Don’t live in the now worrying
What may or may not be
Take this moment in your time
And live it totally
There’s no time like the present
Breathe deep and feel alive
Living in the here and now
Will help you rise and thrive
Now is all there ever is
It’s the only time that’s real
Let the future take its course
And leave the past to heal
Gedagte vir die dag | Maandag 7 Maart 2022
Lukas 1:78-79. danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Daar is ’n Spaanse woord wat ek dink gelowiges se houding in Lydingstyd baie mooi saamvat.“Esperar” wat beteken om te wag en te hoop. Baie van ons is dalk in so ’n plek in ons lewens waar ons ook op iets wag en hoop. Ek vermoed dat ons onsself die meeste van die tyd in sulke plekke, maar miskien meer in dié tyd van die jaar bevind. Ons het ‘n hoopvolle verwagting dat ons op Goeie Vrydag by ’n oop graf sal staan. Ons wag met hoop dat God ’n God is van lig wat in die donker inskyn, selfs in die graf.
Neem ’n paar oomblikke vandag en mediteer op hierdie teksgedeelte en rus in God se vrede.
Ek lees graag vir ons ‘n gebed van Padraig O Tuama.
God of promises,
Sometimes we wait generations, for the dawn from on high; sometimes only years.
We wait for justice and hope and light and kindness to mingle in the tangle of our days.
And we age while we hope.
So may we age and hope with tenderness and truth,
because you are tender and true even though we sometimes wonder.
Amen
Gedagte vir die dag | Sondag 6 Maart 2022
Ek dink die meeste van ons het ’n diep behoefte om te ken en geken te word. Om lief gehê te word en te voel ek is genoeg. Ek vermoed dat die meeste van ons geleer het om so ver weg van onsself te leef, dat ons vervreemd geraak het van onsself en ons soos Frieda van den Heever sê ons werklik nêrens meer kan tuiskom of ’n heenkome vir ander mense kan bied nie.
Dalk is dit die groot geskenk van Lydingstyd. Wanneer ons bereid is om na die kruis te gaan, om die hele reis saam met Christus te onderneem, stroop dit ons van al die maniere waarop ons vir die liefde, vir God en vir ons Self wegkruip. Mag jy vandag die eerste tree neem op hierdie roete. Ek lees graag ’n gedig van Derek Walcott. Mag sy woorde vir jou ’n troos en ’n uitnodiging wees:
Love after Love
The time will come
When, with elation
You will greet yourself arriving
At your own door, in your own mirror
And each will smile at the other’s welcome,
And say, sit here. Eat.
You will love again the stranger who was your self.
Give wine. Give bread.
Give back your heart
To itself, to the stranger who has loved you
All your life, whom you ignored
For another, who knows you by heart.
Take down the love letters from the bookshelf,
The photographs, the desperate notes
Peel your own image from the mirror.
Sit. Feast on your life.
Gedagte vir die dag | Saterdag 5 Maart 2022
’n Gebed vir Lydingstyd deur Dirkie Smit
In hierdie dae verwonder ons ons oor die mens,
Jesus van Nasaret
Seun van die Mens,
Seun van God.
Ons verwonder ons oor die mens wat ons self is,
Jesus van Nasaret.
Wat is ons tog,
Dat U aan ons dink,
Wat is ons dat U U oor ons ontferm?
Dat U aan ons soveel heerlikheid gee, soveel goedheid, soveel eer,
Soveel grootsheid, soveel glans?
Ons verwonder ons oor die mens wat U is, Jesus, Seun van die mens.
Wie is U tog,
Wat kinders na U toe trek en hulle seën,
Wat siekes ophef en herstel,
Wat die bose weerstaan,
Wat envoudiges uitnooi tot gemeenskap met U?
Ons verwonder ons oor u passie vir ons, Jesus,
Seun van God –
Oor u liefde tot die einde toe,
Oor u lyding, u kruis, u sterwe-
Alles vir ons,
Alles uit liefde vir ons?
In hierdie dae verwonder ons ons oor onsself,
Jesus van Nasaret,
En oor U.
Ons aanskou onsself in U, in u lewe, in u lyding, in u liefde,
En ons verwonder ons.
Want wat is die mens tog, Here
Gedagte vir die dag | Vrydag 4 Maart 2022
Baie mense bid innig in die dae, sommige vas selfs, uit die verlange om geestelik gevoed en met nuwe selfkennis, perspektief en helderheid geseën te word. Eric Milner- White skryf hierdie meditasie wat ek dink ons hiemee kan help:
Here, seën ons tog in hierdie Lydenstyd. Laat ons waarlik vas deurdat ons in opregte gebed gevoed word deur u Gees; openbaar ons aan onsself deur u heilige lig – sodat ons onsself herken in u lyding en lewe.
Laat ons tog nooit dink dat ons genoeg kennis het – sodat ons nie onderrig benodig nie; genoeg wysheid – sodat ons sonder teregwysing kan klaarkom; genoeg vermoë – sodat ons nie van genade afhanklik is nie; genoeg ordentlikheid – sodat ons nie meer hoef te groei nie; genoeg nederigheid – sodat ons nooit hoef te bekeer nie; genoeg toewyding – sodat ons nie verhuwing nodig het nie; genoeg krag – sodat ons sonder u Gees kan regkom.
Help ons in hierdie dae en weke om na U terug te keer, en so na ons ware self, deur die krag van u Heilige Gees en tot u eer, ons Here en ons God. Amen
Oral tussen ons loop mense met die soort houding, met die soort gebed, veral in die dae, elke jaar weer, maar eintlik ook sommer elke dag, as ons net sou weet. Laat ons dus in hierdie tyd, sag na mense kyk, soos God ook met sagte oë na ons kyk.
Gedagte vir die dag | Donderdag 3 Maart 2022
1 Johannes 4:15-16. Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God. 16En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.
Lydingstyd nooi mense uit om bewus te word van ons seer, skaamte en dat ons almal maar mense is met foute en tekortkominge. Dis ook ‘n tyd wat ons mekaar herinner dat die Here ons ook uitnooi om verder te kyk as wat ons nou hier voor ons sien,of ervaar. Ons word opnuut herinner dat lig wel die duisternis oorwin het. En wanneer ons probeer om lief te hê en om deernis te hê, moet ons ook op kyk en verder kyk as wat ons nou sien. In hierdie eerste paar dae van lydingstyd is ons diep bewus van ons afhanklikheid van God en dat ons die meeste van die tyd sukkel om die lewe reg te kry. Mag ons dan vashou aan die woorde dat God ons lief het, met ‘n liefde wat ons vry maak om lig te wees in tye van donkerte.
Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela-gemeenskap in Ierland
God of the dust we were before
God of the dust we will become,
God of the breath that has brought this dust to life:
Each day contains a miracle bounded by our morality.
In this season, we mark ourselves as creatures dependent on you,
Drawn up from a shared earth,
And separated from each other
Only by a desire to be more that we are.
May we, who return to the earth,
Use these days to draw closer to you and to all those who share
This earth, this breath,
This animating love that can bring even ashes to life
Amen