GEDAGTE VIR DIE DAG

Gedagte vir die dag | Donderdag 30 Junie 2022

 

Vandag is Donderdag, 30 Junie en ons is besig om na te dink oor die vrug van die Gees en hoe dit juis gestalte kan vind tydens hierdie Koninkrykstyd waarbinne ons in die kerklike jaar leef. Vandag kyk ons na liefde:

1 Joh 4:16: “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.  God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom”.

Deur Jesus Christus is ons grootste doel om alles wat ons doen in liefde te doen. 1 Kor 13:4-8 sê dat die liefde geduldig is, die liefde vriendelik is; dit nie afgunstig is nie, nie grootpraterig is nie, nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.  Die liefde vergaan nooit nie”.  Wat ’n voorreg om hierdie bron van liefde te mag ken met al sy eienskappe.

Gebed

Vader, dankie dat U ons wys wat ware liefde is. Wys en leer my deur U liefde waar daar dinge in my lewe is wat nie in ooreenstemming met u Gees is nie. Vorm my in iemand wat ander liefhet net soos U my liefhet.

Amen.

 

 

Gedagte vir die dag | Woensdag 29 Junie 2022

 

Vandag is Woensdag, 29 Junie en ons gaan die volgende sewe dae nadink oor die vrug van die Gees en hoe dit juis gestalte kan vind tydens hierdie Pinkstertyd wat oorbeweeg in die Koninkrykstyd waarbinne ons in die kerklike jaar leef.

Wat is die vrug van die Gees? Die vrug van die Gees is ’n term wat die apostel Paulus gebruik om nege sigbare eienskappe van ’n ware Christelike lewe op te som. Dit is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing soos Galasiërs 5:22 dit vir ons uitwys. Ons gaan in hierdie volgende paar dae net by ’n paar van die bogenoemde eienskappe stil staan.

Let ook daarop dat dit nie individuele ‘vrugte’ is waarvan ons kan kies en keur nie, maar een negevoudige vrug wat ’n fisiese omvatting van ’n Christen se veranderde lewe is. Dit is Christus wat in ons woon en ons verander. Die vraag is: Hoe kan ek meer van die vrug van die Gees wys?

Ek nooi jou graag uit om vir die volgende sewe dae, ’n tydjie in ’n dag eenkant te sit om na te dink oor ’n kenmerk van die vrug van die Gees. Let op na jou refleksies en eindig met ’n gebed waarmee jy vir God vra om jou te verander sodat jy daardie kenmerk in jou lewe uitleef.

Gebed:
Here my Here, berei my hart voor vir hierdie volgende week se reis. Kom vorm my en maak my net soos U wil.

Amen.

Gedagte vir die dag | Dinsdag 28 Junie 2022

’n Refleksie oor die opstanding deur Ronald Rolheiser

 

I never suspected

Resurrection

To be so painful to leave me weeping with joy

To have met you, alive and smiling, outside an empty tomb

With regret

Not because I’ve lost you

But because I’ve lost you in how I had you-

In understandable, touchable, kissable, cling able flesh

Not as fully Lord, but as graspable human.

 

I want to cling, despite your protest

Cling to your body

Cling to your, and my cling able humanity

Cling to what we had, our past.

 

But I know that . . . if I cling

You cannot ascend and I will be left clinging to your former self . . .

Unable to receive your present spirit.

Gedagte vir die dag | Maandag 27 Junie 2022

’n Gebed van Frieda van den Heever. Jy is welkom om jou oë toe te maak en hierdie woorde te ontvang.

Ons Vader, wat nêrens woon nie en oral bly

Laat U naam wyd en gewyd bly, hoe dit ook sy

Laat U Ryk ons kom en gaan bepaal

U nuwe wêreld ons stukkie vir stukkie kom haal

Soos in die hemel, so ook op die aarde.

Leer ons om ‘n dag op ‘n slag te leef

En vergewe ons as ons die punt mis, nes ons ander vergewe wat ook die punt mis.

Laat ons soeke nie in versoekings ontaard nie

En ons vind nie die van die Bose wees nie

Want niks is soos U IS nie

En U is al en alles in ons wat IS

U Is en IS en IS

Vir ewig en ewig

Amen

Gedagtes vir die dag | Sondag 26 Junie 2022

Gelowiges het nog altyd mekaar herinner dat God ons nie net red op al die maniere wat ons gered moet word nie, maar dat God ons ook genees op al die maniere wat ons genees moet word. Soms is dit so dat genesing, of die herstel van ons menswees begin met hoe ons mekaar hanteer en in die maniere hoe ons mekaar raaksien. Mag ons mekaar help en ondersteun op die lang pad van herstel en genesing.

Ek lees graag ’n gebed vir genesing van die Corrymeela Gemeenskap in Ierland:

“God who sees our invisible scars, God who helps heal hidden wounds: many of us carry pain stored not in tissue, but in memories; held there by coping mechanisms that keep us carrying on. May we in our interactions be gentle and respectful, showing dignity to each other. And may our inner strength and others’ outer grace meet at the point of need to apply the balm our souls still seek, the relief you help us find.”

Gedagte vir die dag | Saterdag 25 Junie 2022

 

Ek deel graag ’n gedig van Dirkie Smit vandag met jou.

Hoe dikwels leef ons traak-my-nieagtig, ongeïnteresseerd, ongeërg asof niks saak maak nie?

Asof ons vir niks en niemand omgee nie, nonchalant, asof ons geen passie ken nie?

Hoe dikwels praat ons nie van “hulle” nie, etiketteer ons nie ander nie,

Bring ons nie kwaad, onheil en leed oor hulle deur hoe ons praat nie?

Deur hoe ons met hulle praat, van hulle praat en oor hulle praat nie?

Hoe min verstaan ons tog eintlik nie,

Van hulle die heel naaste aan ons en hulle harte nie?

Hoe min van onsself, en ons eie harte.

Hoe alleen voel ons nie dikwels nie, hoe verlate, hoe eensaam?

Hoe leeg voel ons wêreld en ons eie wêreldtjies nie soms nie?

 

Hoe gou vergeet ons nie?

Hoe min sien ons nie soms nie?

Hoe maklik bedrieg die skyn ons nie?

 

Hoe dikwels word ons nie verras deur u Gees nie, Here?

Hoe ontdek ons nie net skielik, onverwags, op ’n dag, u genadige werkinge nie?

Ons ontvang die lewe- met sovele goeie gawes.

Ons ontvang talente en vermoëns, ons groei in kennis en insig, ontdek dat ons iets verstaan.

Ons word getroos in moeilike tye,

Ontvang vrede in ons gemoed, kalmte, rus, selfbeheersing.

Hoe ontdek ons nie dat ons versterk en gedra word, geroer, geraak, beweeg, en begeester word nie?

U verras ons elke dag met U goedheid. Met U teenwoordigheid.

Mag ons U vandag herken in oomblikke van liefde, vrede en nederigheid.

 

 

 

Gedagte vir die dag | Vrydag 24 Junie 2022

Ons reflekteer vandag verder oor die teks wat ons gister gelees het. Ek lees dit graag weer vir julle uit Johannes 3: 1-8

Daar was ‘n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ‘n lid van die Joodse Raad. 2Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ‘n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”4Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?”5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Ons word gebore en ontvang die lewe as ’n gawe uit God se hand. Ons ontvang ook talente en verskillende vermoëns. Verder groei ons ook in kennis en insig en ontdek op ’n dag dat ons iets verstaan. Ons word getroos in moeilike tye, ontvang vrede in ons gemoed, kalmte, rus en selfbeheersing. Ons ontdek dat ons versterk en verdra word en leer vertrou. Ons word geroer, geraak, beweeg, selfs begeester. Ons droom, ons hoop, word geïnspireer, skep nuwe moed, en beleef die wonder van vriendskap. Ons word gelei in besluite, bewaar in onheil. Ons word bemin en kan bemin. Ons word vernuwe en verander – nuut gebore en sien in ander, soms in onsself, iets ontluik soos geduld, vrede, trou en nederigheid. En wie weet van waar, of hoe?

Dit is die wonder van God se Gees. Sy aanwesigheid is altyd ’n afwesige aanwesigheid. Sy werking misterieus en verborge. En natuurlik kan alles wat in ons lewe gebeur ook anders uitgelê word, met ander verklarings, maar die diepste waarvandaan en waarheen word tog nooit volkome gepeil nie. Die wind waai waar hy wil – mag hierdie Goeie Nuus vir ons ‘n troos wees

 

Gedagte vir die dag | Donderdag 23 Junie 2022

Vir die volgende twee dae gaan ons saam oor die gedeelte in Johannes 3:1-8 reflekteer.

Daar was ‘n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ‘n lid van die Joodse Raad. 2Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ’n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.”  3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” 4Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” 5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Moenie verbaas wees oor die werking van God se Gees nie, sê Jesus. Die wind waai waar hy wil. Ons hoor sy geluid, maar weet nie van waar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is dit met die Gees. Vir elke werk wat die Bybel aan die Pinkstergees toeskryf, geld dit. Op ’n dag besef ons net – dit gebeur. Dis in hierdie tyd wat gelowiges weer diep bewus word van God se Gees wat op soms onverklaarbare maniere in ons lewens teenwoordig is. Soms is dit in die terugkyk, in die onthou wat ons raaksien dat God wel by ons was. Dalk het ons dit net nie toe  besef nie, maar God se Gees is soos die wind, hy waai waar hy wil.

Dis in die onthou, het die antieke mense geglo, waar ons krag ontvang om vandag as ’n geskenk te beleef. Mag jy vandag tyd neem en terugkyk, onthou en reflekteer oor die oomblikke waar jy die teenwoordigheid van God se Gees ervaar het en so herontdek het dat God ook vandag by jou is.

 

 

 

Gedagte vir die dag | Woensdag 22 Junie 2022

 

1 Korintiërs 13: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6Dit verbly hom nie oor onreg nie,maar verheug hom oor die waarheid. 7Dit bedek alles,glo alles,hoop alles,verdra alles.”

As die bekende teoloog Dirkie Smit reflekteer oor hierdie gedeelte skryf hy dat liefde dikwels sigbaar word in dit wat nie gesê word nie. Die mees opregte dank en lof is soms omraam deur genadige swye oor wat ook opgehaal sou kon word. Liefde soos die skrywer sê, hou nie boek van die kwaad nie, maar bedek juis alles.

Ek dink baie van ons ken hierdie ervaring. Die dankbaarheid teenoor ouers wat van misstappe ‘vergeet’ het en nooit weer daaroor praat nie. Vriende wat ons bly vashou ondanks ons donker kante, al het hulle dit dikwels pynlik saam met ons meegemaak. Die geheimenis dat intieme verhoudings traumatiese insidente kan oorleef omdat iemand die krag vind vir vergifnis ondanks sy/haar eie seer. Die wonder dat mense bereid is om te vergewe en te vergeet en nie vir altyd ons foute en broosheid teenoor ons te hou en ons daaraan te herinner nie.

Dirkie Smit maak dan die punt en sê, geestelike boekhouding maak die lewe onmoontlik. Ek dink dis die punt. Ek dink hierdie gedeelte nooi ons uit om nie die verlede teen mekaar te hou nie, maar om te vertrou dat indien ons mekaar en ook onsself vryspreek, ons ook vry word. Dit is deel van die diep geheimenis van die lewe

Mag jy vandag ’n mooi dag beleef.

Gedagte vir die dag | Dinsdag 21 Junie 2022

1 Timoteus 6:11.  Maar jy moet van hierdie dinge wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.

Waarvan vra Paulus dat ons in hierdie teks moet wegvlug? Dit het in hierdie gedeelte gegaan oor gelowiges wat in allerhande probleme vasgevang geraak het. Dit het hulle negatief gemaak en aanleiding gegee tot die ontstaan van nog ’n warboel van probleme. Dit is presies wat uitdagings vandag ook aan ons doen. Dit het die vermoë om ons vas te gryp en te laat vashaak by kwessies wat net nog probleme skep. Voel jy dalk vandag, of in sekere tye van jou lewe so? Voel jy dalk dat jy nie die emosionele energie het om al die goed wat die lewe na jou kant toe gooi uit te sorteer nie en dat die volume daarvan vir jou oorweldigend geword het.

Vandag nooi die Here ons uit om in ’n oomblik van stilte dit alles aan Hom oor te gee. Om bewustelik weg te vlug van ’n gevoel wat ons versmoor en eenvoudig net te fokus op God wat op verskillende maniere ons help om rigting in die lewe te vind. In plaas dat ek soos die gebruik vanoggend vir jou ’n gebed voorlees wil ek vra dat jy self tyd neem om nou te bid en eenvoudig alles waarvan jy wil vlug, voor die Here te lê. Mag jy in hierdie paar oomblikke onder die indruk kom hoe die Here se genade jou nuwe energie gee om dit wat vir jou in hierdie dag voorlê te kan hanteer.

1 63 64 65 128