Gedagte vir die dag | Donderdag 15 Junie 2023
Vandag is Donderdag 15 Junie en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God. Daaom lees ons elke oggend die aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:
“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”
Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:
- Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
- Hoe neem ons deel?
Kom ons luister na een van Neels Jackson se gedigte oor vrede wat ons hiermee kan help:
Vrede
Dit begin met die geklink van swaarde wat weggepak word,
die byna geluidlose girts van pen op papier
as ’n verdrag onderteken word,
die geruis op die gruis van die stewels van ’n duisend soldate
wat huis toe gaan.
Maar dan is daar nog nie vrede nie.
Eers is sagte salf en verbande nodig
vir pynlike wonde op arms en bene, buik en borskas
dié wat die gesigte vir altyd skend.
Maar ook vir die wonde van die gees.
Elke roof wat verdroog, afdop en ’n nuwe sagtheid ontbloot
om die nuwe, sagte vel te ontbloot,
bring die vrede nader.
Dan moet die herkenning kom:
om in die gehate en vervloekte ’n mens raak te sien,
iemand wat hartseer en bly kan wees,
wat kan liefhê en treur en hoop en huil.
’n Mens na die beeld van God.
As dít gebeur, word die ondenkbare moontlik:
die uitsteek van ’n hand,
’n huiwerige voet wat dit waag oor ’n grens.
wat vroeër ondenkbaar was.
Vervreemdes wat vir mekaar begin omgee, sorg,
mekaar help om mooi te word en vrolik, en gelukkig, en heel.
Terwyl hulle sing:
Laat, Heer, u vrede deur my vloei …
Gedagte vir die dag | Woensdag 14 Junie 2023
Vandag is Woensdag 14 Junie en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God. Daaom lees ons elke oggend die aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:
“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”
Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:
- Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
- Hoe neem ons deel?
Om ons daarmee te help luister ons saam na ’n gedig van Neels Jackson genoem vissers van mense:
Vissers van mense
van visse en bote en nette het hulle alles geweet
die water het hulle geken
maar toe kom die vreemdeling
en Hy roep hulle
en Hy belowe
Hy sal hulle vissers van mense maak
hulle het dit nie mooi verstaan nie
maar opgestaan en saamgegaan
hoeveel kere daarna het hulle nie gesien
hoe Hy die werpnet van besorgdheid uitgooi nie
na verlamdes en blindes en melaatses
na skares wat honger na hom kom luister het
in die stilmaak van die storm
die onhelsing van kindertjies
in die sagte uitnodiging aan almal wat oormoeg is
om tot rus te kom
by Hom
later in die bloedige gee van Homself
en toe hulle die trekkrag voel
van liefde wat gee
wat heelmaak
het hulle verstaan wat Hy aan die begin gesê het
oor vissers van mense
Gedagte vir die dag | Dinsdag 13 Junie 2023
Vandag is Dinsdag 13 Junie en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God. Daaom lees ons elke oggend die aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:
“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”
Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:
- Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
- Hoe neem ons deel?
Kom ons luister na ’n gebed wat iemand geskryf het, wat ons hiermee kan help:
Omdat Christus ’n seun van Israel was, bid ons vir ons volk.
Omdat Christus die Seun van die Mens is, bid ons vir die wêreld en alle mense.
Omdat Christus die Woord is, bid ons vir die bedienaars van die Woord en almal wat met die Woord te doen het: onderwysers, pleitbesorgers, skrywers, digters, sprekers.
Omdat Christus ’n kind was, bid ons vir ons kinders dat hulle die geloof sal behou, en bid ons vir alle ouers dat hulle wysheid sal leer om liefde reg te gee en te ontvang.
Omdat Christus eensaam was, bid ons vir elkeen wat alleen moet bly, en vir elke verstotene wat te doen het met ’n wêreld wat nie begryp nie.
Omdat Christus die opstanding is, bid ons vir alle siekes wat aan hulle beddens gekluister is, of moeisaam voortsleep omdat hulle aan ’n kwaal ly.
Omdat Christus brood is, bid ons vir almal wat honger het, en vir sy meegevoel en innige jammerte om te help waar daar nood is.
Omdat Christus geen plek gehad het om sy hoof neer te lê nie, bid ons vir die dakloses, die armes en die verjaagdes.
Omdat Christus die Weg is, bid ons vir almal wat op reis gaan, en bowenal vir elke pelgrim op pad na die Ewige Stad.
Omdat Christus die Blink Môrester is, bid ons vir elkeen wat in geestelike of emosionele donkerte verkeer.
Omdat Christus die Oorwinnaar is, bid ons vir almal wat stryd voer teen die magte van die bose.
En omdat Christus Koning is, bid ons vir alle regeerders, almal wat in ’n posisie van gesag geplaas is – en dat hulle altyd sal weet dat sy Koninkryk kom, waaraan daar geen einde sal wees nie.
Amen.
Gedagte vir die dag | Maandag 12 Junie 2023
Vandag is Maandag 12 Junie en ons dink die week ’n bietjie na oor die kerklike seisoen van Koninkrykstyd waarbinne ons onsself tans bevind. Met die wegspring van hierdie tydperk besin ons oor die Triniteit en ons deelname saam met God deurdat ons elke oggend begin deur na dieselfde aanhaling van Richard Rohr vanuit sy boek “The Devine Dance” te luister:
“The Holy Trinity is what flows under, around, and through all things – Father, Son, and Holy Spirit divinely dancing. The Holy Trinity is what we enter into as God’s beloved creation; our participation in the flow and divine dance enables us to be generous, serve others, and experience connection, harmony, and love.”
Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:
- Hoe raak ons deel van hierdie vloei saam met die Triniteit?
- Hoe neem ons deel?
Om ons vandag hiermee te help luister ons die bekende woorde van Theresa van Avilla:
Christus het nou geen liggaam meer nie
behalwe joune.
Nie hande, nie voete het Hy op aarde meer nie,
behalwe joune.
Joune is die oë waarmee Hy barmhartig kyk na die aarde.
Joune is die voete waarmee Hy loop om goed te doen.
Joune is die hande waarmee Hy geheel die wêreld seën.
Joune is die hande.
Joune is die voete.
Joune is die oë.
Jy is sy liggaam.
Amen.
Gedagte vir die dag | Vrydag 9 Junie 2023
Ek lees as ’n gebed vanoggend, ’n verwerking van ’n baie bekende Psalm deur Frieda van den Heever.
Ontvang vanoggend hierdie woorde en mag dit vir jou vandag ’n troos wees.
Al sou die foon nie lui nie en die werk nie meer instroom nie
Al sou my kar se tenk al lankal sonder petrol wees
Al sou ek voel of ek almal teleurstel en ek al die spieëls in woonstel afhaal dat ek net nie myself in die gesig hoef te staar nie
Al kyk ek op na die berge en wonder waar die ou se hulp dan vandaan gekom het of het hy sommer gepraat
Al is my vertroue in als wat regeer verskeur en ek is moeg baklei en ek is seer probeer
Nogtans sal ek … nogtans sal ek … my op God verlaat
Al sou ek een salaris van die straat af wees en ek vir my kinders se toekoms vrees en ek lankal nie meer die tekens van die tyd kan lees nie
Al sou ek niks meer besit en niks meer beheer
en die wie’s-wie my ignoreer
ek soos ‘n vreemdeling agter ‘n masker voel
Al kyk ek op na die berge en wonder waar die ou se hulp dan vandaan gekom het of het hy sommer gepraat
Al is my laaste vertroue in als wat regeer verskeur en ek is siek van stilbly, ek wil rebelleer
Nogtans sal ek in die Here juig
in Liefde wat bloei en bind en buig al is dit al wat ek het
Die Here my God gee my krag
Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok
op hoë plekke laat Hy my veilig loop
Sy liefde fluister diep in my dit is wel, dit is wel al voel dit nou soos hel,
nogtans is dit wel
Gedagte vir die dag | Donderdag 8 Junie 2023
Die Woestynvaders en moeders was ‘n groepie gelowiges wat ‘n paar jaar na Jesus se dood in ‘n klooster in die woestyn gewoon het en hulle lewe gewy het aan gebed. Een van die gebedsrituele wat hulle elke oggend ingeoefen het, was ‘n ritueel wat hulle gehelp het om bewus te word van God wat oral rondom hulle is. Hierdie ritueel was genoem ‘n asemhalings gebed. Ek wil jou nooi om dit vanoggend saam met my te doen. Ek wil jou uitnooi om vir die volgende paar oomblikke jou oe toe te maak en rustig in te asem. Probeer om dit wat swaar op jou skouers rus en dit wat jou gedagtes vol maak eenkant toe te skuif en in jou gedagtes vir jouself te se- Ek gaan nie nou daaraan tyd spandeer nie, ek sal dit later doen.
Terwyl jou oe toe is wil ek jou vra om rustig in te asem en elke keer as jy inasem, in jou gedagtes vir jouself te se – God se Gees is in my. En elke keer as jy uitasem, wil ek vir jou vra om in jou gedagtes vir jouself te se- God se Gees is by my.
Terwyl ons so in gebed bly lees ek graag vir julle ons oggendgebed deur Lizl Joubert
Here, God, U is oral;
In lig en donkerte,
In volheid en pyn,
In hoop en onsekerheid.
U is soos ‘n mantel om my:
Alles wat met my gebeur, gebeur eers met U;
Daarom is ek nooit alleen nie.
U loop voor, U loop saam,
U dra en U huil.
Here God, U is oral
En U “wees” is altyd dienend en vol deernis.
Daarom kan ek my altyd in u hande oorgee.
Gedagte vir die dag | Woensdag 7 Junie 2023
Ons lees die volgende Pelgrimsgebed vanuit Psalm 121 saam:
Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
Van nou af tot in ewigheid
Gedagte vir die dag | Dinsdag 6 Junie 2023
Teksgedeelte 1 Kor 3: 3 en 18
Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
In refleksie op hierdie teksgedeelte lees ek graag ’n gebed van Braam Hanekom
Here, wil U dit nie stil en skoon maak hier binne-in my nie?
Daar is soveel geraas.
Soveel stemme.
Soveel beelde.
Soveel idees wat my kop vul.
En dan is daar nog my eie ego ook.
Here, my lewe is soos ’n swartbord, vol geskryf, bekrap, doodgekrap, besmeer.
En nou wag ek dat U iets nuuts, ‘n helder prent van U, daarop moet kom teken.
Vee my skoon, Here.
En skryf en teken dan soos U wil,
Wat U wil
Amen
Gedagte vir die dag | Maandag 5 Junie 2023
Koningkrykstyd is ’n tyd in die kerk waar gelowiges saamdink oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Dis ’n tyd waar ons vir onsself afvra waar ons orals God se Koningkryk en God se nuwe wêreld raaksien. In refleksie hierop lees ek vraag vir ons ’n vertaalde gebed van ’n kerkmoeder van die 16de eeu,Theresa van Avilla:
Christus het nou geen liggaam meer nie, behalwe joune.
Nie hande, nie voete het Hy op aarde meer nie, behalwe joune.
Joune is die oë waarmee Hy barmhartig kyk na die aarde.
Joune is die voete waarmee Hy loop om goed te doen.
Joune is die hande waarmee Hy geheel die wêreld seën.
Joune is die hande
Joune is die voete
Joune is die oë.
Jy is sy liggaam.
Gedagte vir die dag | Saterdag 3 Junie 2023
1 Kor. 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is, en dat die Gees van God in julle woon nie?
Refleksie
Ons is al so bekend met hierdie woorde, dat ons maklik iets van die gewig van Paulus se woorde aan die gemeente in Korinte kan verloor. Vir mense wat vir duisende jare, generasie na generasie, grootgeword het met die gedagte dat die Tempel die Heiligste plek op aarde is, so heilig dat net een persoon, een keer per jaar in die allerheiligste mag ingaan, sou hierdie woorde van Paulus amper onverstaanbaar wees. Hoe kan ons die tempel van God wees?
Maar dit is juis die betekenis van die uitstorting van die Heilige Gees. God se woning is nie in ’n gebou nie, maar in mense. Mense soos ek en jy.
Julle is ’n tempel van God, die Gees van God woon in julle.
Waar mense voorheen na die tempel gekom het om God te ontmoet, is julle nou die ontmoetingsplek van God. Julle is die plek waar die Gees teenwoordig is en waar ander God se teenwoordigheid beleef.
Wat beteken hierdie woorde vir jou, as jy hoor dat die Gees in jou woon? As jy hoor dat jy die Heilige Grond is waar ander mense vir God ontmoet?
Hierdie woorde van Paulus is verseker waar vir ons as individue – vir elkeen van ons wat die Heilige Gees in ons het. Maar dit is ook opmerklik dat Paulus juis die woord ‘julle’ gebruik, asof daar iets gebeur wanneer ons saamkom. Dit is asof Paulus dit wil duidelik maak dat ons nie op ons eie kerk kan wees nie, maar dat ons saam God se tempel is. Dat die gemeenskap van gelowiges ’n plek is waar mense vir God ontmoet, omdat die Gees teenwoordig is. Dalk vra dit van ons om op te let hoe ons mekaar hanteer. In die manier wat ons mekaar hanteer, moet dit duidelik word dat God teenwoordig is.
Dalk is ’n goeie begin om net onsself weer aan hierdie woorde te herinner, voordat ons optree. Herhaal vandag eenvoudig hierdie woorde, voor jy enige keuse maak:
Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is, en dat die Gees van God in julle woon nie?
Gebed
Here, ons kan nie verstaan hoe die Skepper van die Heelal, die Allerheiligste, in ons kan woon nie. Help ons om al hoe meer bewus te word daarvan dat U teenwoordig is in ons en in ander. Mag ons leer om mekaar so te hanteer dat ander kan sien dat U teenwoordig is, dat ons die Heilige grond word waar ander U ontmoet.
Amen