GEDAGTE VIR DIE DAG

Gedagte vir die dag | Donderdag 20 Julie 2023

Vandag is Donderdag 20 Julie en ons dink die week ’n bietjie na oor ons gebedslewe. Hierdie komende naweek wat voorlê is ons meer as 30 mans wat tyd saam gaan spandeer by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum in Wellington. Die sentrum van spiritualiteit is ’n gemeenskap van stilte, afsondering en gebed waar ons mekaar nooi om tot rus te kom en ons wortels in Christus te ontdek. Ons gaan hierdie week elke oggend ons refleksie oor gebed begin met die volgende aanhaling en uitnodiging van Andrew Murray:

“May not a single moment of my life be spent outside the light, love, and joy of God’s presence. And not a moment without the entire surrender of myself as a vessel for Him to fill full of His Spirit and his Love”.

Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:

  • Hoe sal jy God se teenwoordigheid in jou lewe beskryf?
  • Waarna toe nooi die Gees van God jou uit?

Kom ons luister na Matt 6:6 se 1953 vertaling: “Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is”. 1983: “Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie”.

Die mense was geskape vir gemeenskap met God. God het hom gemaak na Sy eie beeld en gelykenis sodat hy daartoe in staat kan wees, bekwaam om God te verstaan en te geniet, om hom in sy heerlikheid te verlustig. Andrew Murray sal sê dat niks anders as hierdie gemeenskap, die hart van God, of van die mens kan bevredig nie. Vriende ons Here leer ons dat dit die innerlike geheim is van verborge gebed . . . Sluit jou deur en bid tot jou Vader wat in die verborge sien. Ons moet weet dat God sien en hoor. Wat ’n voorreg om so die aangesig van die Here aan te roep. Bid vanoggend vir die volgende sake: jou eie geestelike groei, jou familie, jou gemeente, sendelinge, sendingaksies of organisasies, herlewing, ens.

Gebed: Here, U is die EEN wat alles sien en hoor. Help ons om na die binnekamer van ons hart te gaan. Amen.

Gedagte vir die dag | Woensdag 19 Julie 2023

Vandag is Woensdag 19 Julie en ons dink die week ’n bietjie na oor ons gebedslewe. Hierdie komende naweek wat voorlê is ons meer as 30 mans wat tyd saam gaan spandeer by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum in Wellington. Die sentrum van spiritualiteit is ’n gemeenskap van stilte, afsondering en gebed waar ons mekaar nooi om tot rus te kom en ons wortels in Christus te ontdek. Ons gaan hierdie week elke oggend ons refleksie oor gebed begin met die volgende aanhaling en uitnodiging van Andrew Murray:

“May not a single moment of my life be spent outside the light, love, and joy of God’s presence. And not a moment without the entire surrender of myself as a vessel for Him to fill full of His Spirit and his Love”.

Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:

  • Hoe sal jy God se teenwoordigheid beskryf in jou lewe?
  • Waarna toe nooi die Gees van God jou uit?

Kom ons luister na Ps 5:4 in die (1933) vertaling as ook die (1983) weergawe: “In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag” & 1983 vertaling: “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.

Van die vroegste tye af het die diensknegte van God die môre-uur beskou as uitnemend geskik vir die aanbidding van God. Nou nog word dit deur alle Christene beskou as ’n plig sowel as ’n voorreg om ’n gedeelte van die begin van die dag te wy aan die opsoek van afsondering en gemeenskap met God. Andrew Murray skryf in sy versamelde werke die volgende oor die gebedslewe: “Die môrewake is die sleutel tot die toestand waarin die oorgawe aan Christus en die Heilge Gees ten volle en ten alle tye kan gehandhaaf word”. Luister weer na ons vers vanoggend: “In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag”. Sjoe, dit is so mooi! Laat hoor dus jou stem vanoggend en lê dit aan die Here voor in afwagting.

Gebed: Here, hoor en ontvang ons gebede. Dankie dat ons deur die dag in afwagting kan leef met U heilige teenwoordigheid. Amen.

 

Gedagte vir die dag | Dinsdag 18 Julie 2023

Vandag is Dinsdag 18 Julie en ons dink die week ’n bietjie na oor ons gebedslewe. Hierdie komende naweek wat voorlê is ons meer as 30 mans wat tyd saam gaan spandeer by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum in Wellington. Die sentrum van spiritualiteit is ’n gemeenskap van stilte, afsondering en gebed waar ons mekaar nooi om tot rus te kom en ons wortels in Christus te ontdek. Ons gaan hierdie week elke oggend ons refleksie oor gebed begin met die volgende aanhaling en uitnodiging van Andrew Murray:

“May not a single moment of my life be spent outside the light, love, and joy of God’s presence. And not a moment without the entire surrender of myself as a vessel for Him to fill full of His Spirit and his Love”.

Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:

  • Hoe sal jy God se teenwoordigheid beskryf in jou lewe?
  • Waarna toe nooi die Gees van God jou uit?

Kom ons luister na Kol 4:2-4: “Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons ‘n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is”.

In gister se teksgedeelte vertel die apostel vir ons hoe ernstig en gedurig hy vir die gemeente en die wat aan sy sorg toevertrou was, gebid het. Dit moet julle van ons as Stellenberg se  leraarspan ook weet – dat ons vir julle as gemeente bid. In die bogenoemde teks is die uitnodiging om te volhard in gebed deur waaksaamheid en dankbaarheid. Die uitnodiging is nou weer aan julle gerig om vir ons as leraarspan en geestelike leiers te bid. Hudson Taylor het by geleentheid gesê: “Jy kan werk sonder om te bid, maar dit is ’n slegte plan. Jy sal egter nooit ernstig kan bid sonder om te werk nie”. Jy sien werk kan nooit deur gebed vervang word nie, maar gebed kan ook nooit deur werk vervang word nie. Die geestelike wet wat universeel geld is: Eers bid, dan werk.

Gebed: Here, ons bid vir mekaar en ons geestelike leiers. Maak U Woord van geheimenis aan ons bekend. Amen.

 

 

Gedagte vir die dag | Maandag 17 Julie 2023

 

Vandag is Maandag 17 Julie en ons dink die week ’n bietjie na oor ons gebedslewe. Hierdie komende naweek wat voorlê is ons meer as 30 mans wat tyd saam gaan spandeer by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum in Wellington. Die sentrum van spiritualiteit is ’n gemeenskap van stilte, afsondering en gebed waar ons mekaar nooi om tot rus te kom en ons wortels in Christus te ontdek. Ons gaan hierdie week elke oggend ons refleksie oor gebed begin met die volgende aanhaling en uitnodiging van Andrew Murray:

“May not a single moment of my life be spent outside the light, love, and joy of God’s presence. And not a moment without the entire surrender of myself as a vessel for Him to fill full of His Spirit and his Love”.

Die vraag vir ons vanuit hierdie aanhaling die week is:

  • Hoe sal jy God se teenwoordigheid beskryf in jou lewe?
  • Waarna toe nooi die Gees van God jou uit?

Kom ons luister na Kol 1:9-11: “Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard”.

Waarom moet ons bid, sou ons kon vra? Die ding is dat gebed God se idee is. Dit is God wat ons uitnooi, aanmoedig en oproep om te bid. Deur gebed groei ek in my verhouding met God. Deur gebed verstaan ek die hart van God. God, in sy almag en soewereiniteit het gekies om mense se gebede te gebruik om verandering, genesing en redding in die wêreld te bring. Die Heilige Gees bid binne-in ons en God deursoek die hart. Hy ken die bedoeling van die Gees. Mag jy ruimtes en tye vind waar jy net stil by Hom sit en luister wat Hy vir jou wil sê. Dit is binne hierdie verhouding dat jy jou lewe met God deel en waar God Homself en sy wil aan jou openbaar.

Gebed: Here, help ons in wysheid en insig wat die Gees gee, sodat ons U wil duidelik sal ken, sodat ons tot eer van U Naam sal lewe. Amen.

Gedagte vir die dag | Saterdag 15 Julie 2023

 

Ek lees vandag vir ons ’n ou gebed voor van Dawid uit die Psalms. Dis ’n gebed wat hy gebid het in ’n tyd van sy lewe waar hy moes vlug na die woestyn en ’n tyd lank daar moes vertoef:

Psalm 63

2Ek soek U, o God, my God,

ek dors na U;

ek smag na U

soos in ‘n dor en droë land,

‘n land sonder water.

3Ek wil by U in die heiligdom wees

om daar u mag en grootheid te ondervind.

4U troue liefde is meer werd as die lewe;

daarom sal ek U prys.

5Ek sal U my lewe lank loof,

my hande ophef om u Naam te prys.

6Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,

sal ek U altyd roem met jubelende mond.

7As ek aan U dink op my bed,

oor U peins in die nag, dan weet ek:

8U is vir my ‘n hulp,

en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.

9Ek bly altyd naby U,

u hand ondersteun my.

 

Gedagte vir die dag | Vrydag 14 Julie 2023

Ek wil graag vandag ‘n gedeelte lees van ‘n baie ou Psalm. As ek dit lees is jy welkom om jou oe toe te maak en die woorde te ontvang:

Psalm 139

Here, U sien dwarsdeur my,

U ken my.

2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,

U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.

3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit,

U is met al my paaie goed bekend.

4Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie

of U, Here, weet wat dit gaan wees.

5U omsluit my van alle kante,

U neem my in besit.

6Dié wete oorweldig my,

dit is te hoog vir my begrip.

7Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?

Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

8Klim ek op na die hemel, is U daar,

gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

9Vlieg ek na die ooste,

of gaan woon ek in die verre weste,

10ook daar lei u hand my,

hou u regterhand my vas.

11Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,

of die lig rondom my om in nag te verander,

12maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie

en die nag so lig soos die dag,

duisternis so goed soos lig.

13U het my gevorm,

my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

14Ek wil U loof,

want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.

Wat U gedoen het,

vervul my met verwondering.

Dit weet ek seker:

15geen been van my was vir U verborge

toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,

toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

16U het my al gesien toe ek nog ongebore was,

al my lewensdae was in u boek opgeskrywe

nog voordat ek gebore is.

17Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,

hoe magtig hulle almal!

18As ek hulle sou wou opnoem –

hulle is meer as wat daar sand is,

en as ek daarmee klaar is,

sou ek nog steeds met U te doen hê.

 

 

Gedagte vir die dag | Donderdag 13 Julie 2023

Die teoloog Jan Richardson, skryf oor hoe moeilik dit is om te weet wanneer om te bly en wanneer om weg te stap. Daar is tye in ons lewens wanneer ons ontdek dat daar iets vanuit ons struweling gebore word en dat ons in ons vasbyt omvorm word.

Maar daar is ook ander kere wanneer die beste ding wat ons kan doen, die gesondste ding om te doen is, om weg te stap. Ook daarin, vind ons heling.

Jan Richardson het ‘n seëngebed geskryf wat ons juis in hierdie tye kan help:

Blessing in the Dust

You thought the blessing
would come
in the staying;
in casting your lot
with this place,
these people;
in learning the art
of remaining,
of abiding.

And now you stand
on the threshold
again.
The home you had
hoped for,
had ached for,
is behind you—
not yours, after all.

The clarity comes
as small comfort,
perhaps,
but it comes:
illumination enough
for the next step.

As you go,
may you feel
the full weight
of your gifts
gathered up
in your two hands,
the complete measure
of their grace
in your heart that knows
there is a place
for them,
for the treasure
that you bear.

I promise you
there is a blessing
in the leaving,
in the dust shed
from your shoes
as you walk toward home—

not the one you left
but the one that waits ahead,
the one that already
reaches out for you
in welcome,
in gladness
for the gifts
that none but you
could bring.

 

Gedagte vir die dag | Woensdag 12 Julie 2023

 

Ek lees vanoggend vir ons ‘n gedeelte van Psalm 26. Mag hierdie woorde vandag vir jou ‘n troos wees en die vrede gee wat jy soek:

 

Tot U, Here, rig ek my,

2my God, op U vertrou ek.

Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie,

laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie.

3Niemand wat sy verwagting in U stel,

sal beskaam word nie.

Dié wat nie op U vertrou nie,

hulle kom in die skande.

4Maak my u wil bekend, Here,

leer my u paaie.

5Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,

want U is God, my redder.

In U stel ek elke dag my verwagting.

6Dink aan die liefde en trou, Here,

wat U van altyd af betoon het.

7Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie.

Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.

8Die Here is goed en regverdig:

Hy wys selfs vir sondaars die pad aan,

9Hy laat aan hulpeloses reg geskied

en Hy leer hulle sy pad.

10Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel

met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar.

11Ter wille van u Naam, Here,

vergewe my my sonde,

want dit is groot.

12As iemand die Here dien,

leer Hy hom watter pad hy moet kies,

13sodat hy voorspoed sal geniet

en sy nageslag die land sal bly bewoon.

 

Gedagte vir die dag | Dinsdag 11 Julie 2023

 

Ek wil graag vandag vir ons ‘n Gedig van Dawid voorlees. Jy is welkom om jou oe toe te maak en
na te dink oor hoe sy woorde dalk ook jou gebed kan wees:

Neem my in beskerming, o God;
ek soek skuiling by U.
2Ek het vir die Here gesê:
“Ek behoort aan U,
daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.
3Die afgode in die land, so aantreklik vir baie –
met hulle wil ek niks te doen hê nie.
4Mag elkeen wat ‘n ander god vereer, baie smart beleef.
Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,
hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
5Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang, kom alles van U af.
6 ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet,
ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
7Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;
selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
8Ek het die Here altyd by my:
omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
9Daarom is ek bly en juig ek
en voel ek my veilig.
10U gee my nie oor aan die dood nie.
U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.

11U leer my hoe om te lewe.
By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.

Gedagte vir die dag | Maandag 10 Julie 2023

 

Ek lees vandag graag ‘n ou Psalm voor. Psalm 8. Mag ons in hierdie seisoen van die jaar ook al die mooi en goed van die skepping waardeer en in verwondering staan van alles rondom ons:

Here, ons Here,

hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,

hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

3Kinders en suigelinge besing die magtige werk

wat U tot stand gebring het.

So word u teëstanders,

die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4As ek u hemel aanskou,

die werk van u vingers,

die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het,

5wat is die mens dan

dat U aan hom dink,

die mensekind dat U na hom omsien?

6U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak

en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp:

8skape en beeste, alles;

selfs die diere in die veld,

9die voëls in die lug,

en die visse in die see

wat die oseane deurkruis.

10Here, ons Here,

hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!

 

1 28 29 30 128