GEDAGTE VIR DIE DAG

Gedagte vir die dag | Donderdag 28 September 2023

Vandag is Donderdag 28 September en by hierdie week se oordenkings reflekteer ons saam oor die betekenis van “Erfenis” en watter Bybelse waarhede daar vir ons is. Hierdie Bybelse waarhede herinner ons daaraan dat ons as gelowiges ‘n ryk erfenis in God het, wat ons moet bewaar, koester, en deurgee aan die volgende geslag.

Met ‘n erfenis kom ook ‘n verantwoordelikheid. Ons is geroepe om ons erfenis van geloof te bewaar, te koester, en met ander te deel. Matteus 28:19-20 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Hierdie teks herinner ons aan ons roeping om die evangelie te verkondig en dissipels te maak. Ons erfenis is nie net vir ons nie, maar vir die hele wêreld. Dit kom met groot verantwoordelikheid.

Gemeenskap en medemenslikheid: Bonhoeffer het die waarde van Christelike gemeenskap en medemenslikheid beklemtoon. Hy het ‘n diepgaande insig gehad in die belangrikheid van om saam met ander gelowiges te leef en te werk vir die koninkryk van God. Hierdie insig herinner ons daaraan dat ons erfenis as Christene ook die roeping tot gemeenskap en omgee vir ons medemens insluit.

Gebed vir erfgename van geregtigheid: Here, ons bid vir geregtigheid in ons land en wêreld. Mag ons ‘n erfenis van geregtigheid agterlaat deur ons optrede, en mag ons ‘n invloed wees vir ‘n regverdige samelewing. Amen.

 

Gedagte vir dag | Woensdag 27 September 2023

Vandag is Woensdag 27 September en by hierdie week se oordenkings reflekteer ons saam oor die betekenis van “Erfenis” en watter Bybelse waarhede daar vir ons in is. Hierdie Bybelse waarhede herinner ons daaraan dat ons as gelowiges ‘n ryk erfenis in God het, wat ons moet bewaar, koester, en deurgee aan die volgende geslag.

Die erfenis van die Heilige Gees: Die Heilige Gees is ‘n waardevolle erfenis vir elke gelowige, wat ons lei, troos en toerus in ons geloofsreis. In Efesiërs 1:13-14 lees ons dat in Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. Die Heilige Gees is dus ons voorsmaak van die toekomstige erfenis en ‘n krag wat ons lewens vernuwe en lewensvatbaar maak.

Aktiewe geloof vol van die Gees: Bonhoeffer het ook benadruk dat geloof en gehoorsaamheid aan die Gees van God nie passief moet wees nie, maar moet lei tot aksie en betrokkenheid in die wêreld. Hy het geskryf oor die belangrikheid van ‘n “aktiewe gehoorsaamheid” en het self ‘n aandeel gehad in die Duitse teologiese opposisie teen die Nazi-regering tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie insig herinner ons daaraan dat ons erfenis die roeping tot aktiewe diens aan God en die samelewing insluit.

Gebed vir die erfgename van geloof en die Heilige Gees: Here, ons bid vir ons kinders en die jonger geslagte. Mag hulle ‘n erfenis van geloof, vol van die Heilige Gees en ‘n liefde vir U ontvang. Help ons as ouers en mentors om ‘n godsdienstige fakkel vol van die Gees aan hulle oor te dra wat sal bly brand vir die toekoms. Amen.

Gedagte vir die dag | Dinsdag 26 September 2023

Vandag is Dinsdag 26 September en by hierdie week se oordenkings reflekteer ons saam oor die betekenis van “Erfenis” en watter Bybelse waarhede daarin vir ons is. Hierdie Bybelse waarhede herinner ons daaraan dat ons as gelowiges ‘n ryk erfenis in God het, wat ons moet bewaar, koester, en deurgee aan die volgende geslag.

Die erfenis van verlossing: In Efesiërs 1:11-12 lees ons dat deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is – die evangelie van julle verlossing, gehoor het en tot geloof gekom het.

Hier lees ons van die erfenis van verlossing wat ons in Christus ontvang het. Hierdie erfenis sluit in die vergifnis van sondes en die versekering van ’n ewige lewe deur ons geloof in Jesus Christus.

Dietrich Bonhoeffer was ‘n Duitse teoloog wat ‘n aansienlike impak op die Christelike denke en die geloofslewe gehad het. Alhoewel hy nie spesifiek oor die konsep van erfenis geskryf het nie, kan sy insigte oor geloof, gehoorsaamheid aan God, en die verhouding tussen geloof en aksie ons help om oor ons erfenis na te dink.

Radikale liefde: Bonhoeffer het die konsep van radikale liefde beklemtoon. Hy het geglo dat liefde die kern van die Christelike geloof is en dat dit selfs ons vyande moet insluit. Hierdie insig herinner ons daaraan dat ons erfenis as Christene die roeping tot liefde en vergifnis insluit.

Gebed vir versoenende erfenis: God van versoening, ons bid vir die geskenk van versoening en vrede. Mag ons ‘n erfenis van liefde, vergifnis en eenheid agterlaat vir toekomstige geslagte. Amen.

 

 

 

Gedagte vir die dag | Maandag 25 September 203

 

Vandag is Maandag 25 September en by hierdie week se oordenkings reflekteer ons saam oor die betekenis van “Erfenis” en watter Bybelse waarhede daarin is. Hierdie Bybelse waarhede herinner ons daaraan dat ons as gelowiges ‘n ryk erfenis in God het, wat ons moet bewaar, koester, en deurgee aan die volgende geslag.

God is ons grootste erfenis: In Psalm 16:5-6 lees ons: “Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” Hierdie vers herinner ons daaraan dat ons grootste erfenis God self is en dat ons ‘n besonderse verhouding met Hom het as sy kinders.

Dietrich Bonhoeffer was ‘n Duitse teoloog wat ‘n aansienlike impak op die Christelike denke en die geloofslewe gehad het. Alhoewel hy nie spesifiek oor die konsep van erfenis geskryf het nie, kan sy insigte oor geloof, gehoorsaamheid aan God, en die verhouding tussen geloof en aksie ons help om oor ons erfenis na te dink.

Navolging van Christus: Bonhoeffer het die belangrikheid van die navolging van Christus beklemtoon. Hy het geglo dat ware geloof in Christus nie net ‘n intellektuele oortuiging is nie, maar ‘n lewenswyse van gehoorsaamheid aan Christus. Hierdie insig herinner ons daaraan dat ons erfenis as Christene die roeping tot navolging van Christus insluit.

Dankgebed vir ons Geestelike erfenis: Here, ons dank U vir die ryk geestelike erfenis wat ons as gelowiges in Christus het. Mag ons dit nooit as vanselfsprekend beskou nie, maar eerder met dankbaarheid aanvaar en deurgee aan die volgende geslag. Amen.

Gedagte vir die dag | Saterdag 23 September 2023

Van die begin af het gelowiges op verskillende maniere geloofstaal gebruik om hulle geloof en vetroue in God te probeer verwoord. Deur die geskiedenis het ons ’n klomp voorbeelde van hierdie pogings- of geloofsbelydenisse. In ons eie tradisie is ’n geloofsbelydenis ook ’n poging om iets wat ons verstaan van God in woorde te vertaal. Ek lees graag vir julle as ’n gebed ’n geloofsbelydenis van Lina Spies. Mag ons vandag ons eie geloofsbelydenis in ons harte skryf, mag dit ’n wordende woorde versameling wees van ’n God wat nie in woorde gereduseer kan word nie.

Geloofsbelydenis van ’n afvallige

Ek glo in die skeppende God
van die wordende heelal
wie se naam te heilig was
om uit te spreek:
Jahwe, die God van Israel,
wat ‘n vader geword het
vir Jesus van Nasaret,
die wonderskone boodskapper
van die onmoontlike liefde,
deur wie God my vader
maar ook my moeder is.
Ek glo in die Heilige Gees
wat mense in alle tye
inspireer tot werke
wat die stempel dra
van die ewige.
Ek glo dat omdat ek lewe
ek aan alle lewendes
sorg en deernis verskuldig is
en ek glo dat as ek sterf
ek opgeneem sal word
in die durende siklus
van vernuwing en verval
en dat die lewe triomfeer
in elke geboortekreet
omdat die lewe magtiger is
as die dood.
Lina Spies

 

Gedagte vir die dag | Vrydag 22 September 2023

Romeine 8: 31-39

Die goeie nuus van God se nuwe wêreld, is dat wanneer ons Christus die Here van ons lewens maak, niks ons van God se liefde kan skei nie. Nie die lewe of die dood nie, geen dieptes of hoogtes, geen siektes of rampe. So mag ons vertellers en vertalers wees van God se groot storie van liefde

Gebed

Die pad is lank, mag ons saam gaan

Die pad is moeilik, mag ons mekaar help.

Die pad is vol vreugdes, mag ons dit deel.

Die pad is afdraand, Hy is die weg.

Die pad is oop voor ons, mag ons leer om te waag.

Amen

Dagstuk | Donderdag 21 September 2023

 

Lees Jeremia 17:7-8

’n Ou Kerkvader Irenaues: “The glory of God is a human being fully alive.”

Dit was sy manier om te sê: God word geëer waar ’n mens voluit lewe, wanneer jy só in voeling is met jouself, jou diepste gevoelens, verlangens en drome, dat jy nie anders kan nie: Jy begin dit spontaan uitleef! Wanneer dit gebeur dan, so sê die Bybel, is ons lewe soos ‘n boom wat in volle bloei staan – wat altyd groen blare het en wat nie ophou om vrugte te dra nie. Hierdie oomblikke waarin jy in voeling met jou beste self kom, vind nie altyd noodwendig met groot toejuiging plaas nie. Ervaring leer ons dat dit meer dikwels in stiller oomblikke gebeur. Tye wanneer jy genoodsaak is om af te skakel, op te kyk van al jou werk en meer aandagtig te let op dit wat in en om jou gebeur. So mag jy met nuwe verwondering die grootsheid en gawe van die lewe en veral die natuur ontdek.

Ek lees graag vir julle ‘n gedig van Rilke wat hieroor reflekteer:

God speaks to each of us as he makes us,
then walks with us silently out of the night.

These are the words we dimly hear:

You, sent out beyond your recall,
go to the limits of your longing.
Embody me.

Flare up like a flame
and make big shadows I can move in.

Let everything happen to you: beauty and terror.
Just keep going. No feeling is final.
Don’t let yourself lose me.

Nearby is the country they call life.
You will know it by its seriousness.

Give me your hand.

Rainer Maria Rilke

Gedagte vir die dag | Woensdag 20 September 2023

If we cannot lay aside the wound,
then let us say it will not always
bind us.

Let us say the damage will not eternally
determine our path.

Let us say the line of our life
will not always travel along the places
we are torn.

Let us say that forgiveness
can take some practice,
can take some patience,
can take a long
and struggling time.

Let us say that to offer
the hardest blessing,
we will need
the deepest grace;
that to forgive
the sharpest pain, we will need
the fiercest love; that to release
the ancient ache, we will need
new strength for every day.

Let us say the wound
will not be our final home—

that through it runs a road,
a way we would not
have chosen but on which
we will finally see
forgiveness,
so long practiced,
coming toward us,
shining with the joy
so well deserved.

—Jan Richardson

 

Gedagte vir die dag | Dinsdag 19 September 2023

 

Ek deel graag vandag ’n gebed van Rachel Held Evans wat onlangs oorlede is. Jy is welkom om jou oë toe te maak en haar gebed te ontvang:

Ons kom soos ons is – sonder om weg te kruip,

Sonder om toneel te speel,

Sonder om bang te wees.

Ons kom met ons materialisme, ons trots, ons kleinlike griewe teen ons bure,

Ons skynheilige minagting vir die veroordelende mense in die kerk langsaan.

Ons kom met ons angs oor die dood, ons desperaatheid om liefgehê te word,

Ons stormagtige huwelike, ons knaende twyfel,

Ons beheptheid met status en selfbeeld.

Ons kom met ons verslawings- aan middels, aan werk, aan besittings, aan beheer, aan kos.

Ons kom met ons verskille- polities, teologies, ras of sosio-ekonomies.

Ons kom opsoek na heiligdom en rus,

’n veilige plek om ons maskers af te gooi en uit te asem.

Ons kom om ons vuil wasgoed lug te gee voor God en almal anders – want as ons dit saam kan doen,

Hoef ons nie langer bang te wees nie.

Amen

Gedagte vir die dag | Maandag 18 September 2023

1 22 23 24 128