Dagstuk | Saterdag 21 Oktober 2023
https://youtu.be/iw1-gZ7epqE
Miskien wil jy iewers vandag iewers ’n paar oomblikke van stilte neem en dit wat swaar op jou druk, na die Here te bring. Ontvang dan die seën, dat die Here vir jou rus wil gee. Rus wat niks van jou vra nie en sag op jou lê. Ek lees graag vir jou ’n gebed van Henri Nouwen
O Lord, Life passes by swiftly. Events that a few years ago kept me totally preoccupied have now become vague memories; conflicts that a few months ago seemed so crucial in my life now seem futile and hardly worth the energy; inner turmoil that robbed me of my sleep only a few weeks ago has now become a strange emotion of the past; books that filled me with amazement a few days ago now do not seem as important; thoughts that kept my mind captive only a few hours ago have now lost their power and have been replaced by others. . . . Why am I continuously trapped in this sense of urgency and emergency? Why do I not see that you are eternal, that your kingdom lasts forever, and that for you a thousand years are like one day? O Lord, let me enter into your presence and there taste the eternal, timeless, everlasting love with which you invite me to let go of my timebound anxieties, fears, preoccupations, and worries. . . . Lord, teach me your ways and give me the courage to follow them.
Dagstuk | Vrydag 20 Oktober 2023
Ek wil graag vanoggend ‘n gebed lees van die Corrymeela gemeenskap in Ierland. Mag hulle gebed ook woorde wees wat in elkeen van ons lewe. Mag ons elke dag die lewe met al haar oppe en affe as ‘n geskenk ontvang
God of the strength that lifts us each morning,
God of the weight that drops us down in our beds:
this constant fight against gravity,
this struggle to push up and away – is a marker of life.
It is our daily battle of no and yes.
No, we will not lie still.
Yes, we will live and move and have our being.
We give thanks for the rest that preserves our life for tomorrow,
so that as we rise from our night’s slumber
we begin again and gain a victory in each waking, determined moment;
and see a glimpse,
if only faintly, of an endless rising dawn.
Dagstuk | Donderdag 19 Oktober 2023
Ek lees graag vir ons vandag ‘n gedeelte uit Jesaja 2:
Daar kom ‘n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is,
‘n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels.
Al die nasies sal daarheen stroom, 3baie volke sal daarnatoe gaan en sê:
“Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob
sodat Hy ons sy wil kan leer, en ons daarvolgens kan lewe,
want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.”
4Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke.
Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre.
Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
5Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.
In refleksie op hierdie teksgedeelte lees en dan vir ons ‘n gebed van Francis van Assisi
Here, maak my ʼn instrument van u vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde bring.
Waar daar oortredings is, vergifnis,
waar daar twyfel is, geloof,
waar daar wanhoop is, hoop.
waar daar duisternis is, lig,
waar daar droefheid is, vreugde.
O, Heilige Meester, gee dat ek,
in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos;
om begrip te soek, andere sal verstaan;
om liefde te soek, andere sal bemin.
Want dit is deur te gee, dat ek ontvang;
deur te vergewe, dat ek vergewe word.
En dit is deur te sterwe,
dat ek die ewige lewe beërwe.
Dagstuk | Woensdag 18 Oktober 2023
Dagstuk | Dinsdag 17 Oktober 2023
Ek lees graag vandag vir ons ‘n gedig van Julia Ferhenbacher waar sy skryf oor die uitnodiging wat ons elke dag kan opneem. ‘n Uitnodiging om ons plek in hierdie wereld vol te staan en dat liefde op die ou einde dit is wat die wereld mooier en meer betroubaar maak:
Hold Out Your Hand
Let’s forget the world for a while
fall back and back
into the hush and holy
of now
are you listening? This breath
invites you
to write the first word
of your new story
your new story begins with this:
You matter.
You are needed—empty
and naked
willing to say yes
and yes and yes.
Do you see
the sun shines, day after day
whether you have faith
or not
the sparrows continue
to sing their song
even when you forget to sing
yours
stop asking: Am I good enough?
Ask only: Am I showing up with love?
Life is not a straight line
it’s a downpour of gifts, please—
hold out your hand
Dagstuk | Maandag 16 Oktober 2023
Aan die begin van hierdie week lees ek graag ’n gedig van Julia Fehrenbagher, The most important thing – vertaling deur Jan van Zyl.
The Most Important Thing
Ek skep ’n tuiste in myself.
’n Skuiling van liefde en deernis
Waar alles vergewe is en ek net kan wees –
’n stil sonkol waarin ek my stadig uitstrek,
’n plek waar die verbode en onuitgesproke,
verwelkom, gespreek en laat gaan word.
’n Sagte plek wat ek my eie kan noem.
Ek maak my arms oop vir my ganse self –
My vrese, fout-vind, uit-mekaar-val, my onvoltooide self.
Wetende dat elke stukkie onkruid, onbenullige saadjie,
Elke druppel reën, my grond ryker maak.
Ek sal ’n kers aansteek, ’n warm koppie koffie maak
en om die hitte van my eie vuur kom sit.
Ek sal huil as ek wil,
want ek weet dat hierdie vlam brandend bly
ongeag my onvolmaaktheid en leemtes.
Ek skep ’n tuiste in myself
waar genade in oorvloed blom.
’n Skuiling van liefde en deernis
wat die vrug van waarheid dra.
Ek sing Hallelujah vir die wye blou lug.
Kyk, hoe hierdie tuin oopbreek in blom.
Dagstuk | Saterdag 14 Oktober 2023
Hierdie week stap ons ’n pad met die gedagte van ’n pelgrimstog. Die afgelope week het ’n groep mense van Stellenberg-gemeente en Klipheuwel saam op ’n staptog in die Outenikwa berge gegaan. Hierdie staptog is ingerig as ’n pelgrimstog, waar ons doelbewus op reis gaan om nader aan mekaar en nader aan God te kom. Elke dag in hierdie week staan ons stil by ’n ander teksvers rondom “op pad” wees.
Lukas 6:12. In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God.
Refleksie
Die laaste teksgedeelte in ons reis oor pelgrimstogte is ’n vers wat eintlik vreemd is. Hoekom sou Jesus, die seun van God, dit nodig gevind het om soveel tyd in gebed deur te bring? As daar een persoon is wat die hart van God die Vader ken en in ritme met die Vader leef, is dit Jesus. Hoekom sou dit nodig wees vir Jesus om te bid?
Ons kan nie noodwendig ’n antwoord gee vir hierdie vraag nie, maar as dit vir Jesus nodig was om Homself af te sonder in gebed, hoeveel te meer is dit nie vir ons belangrik nie.
Dit is ook belangrik om te sien dat Jesus op reis gaan spesifiek om te gaan bid. Ons weet ons kan enige plek en enige tyd met die Here praat, maar Jesus kies om eers ’n berg uit te klim en daar te gaan bid.
Daar gebeur iets met ons wanneer ons op ’n doelbewuste reis gaan om te gaan bid, wanneer ons iewers spesifiek heen gaan om tyd met God deur te bring.
Beplan vandag, of in hierdie week wat voorlê om op ’n spesifieke tyd na ’n spesiale plek van afsondering te gaan – in ’n park of natuurreservaat, of selfs ’n spesifieke kamer in jou huis, of ’n bankie in jou tuin en dáár tyd in gebed deur te bring.
Ek hoop dat hierdie pelgrimsreis van die afgelope week jou help in jou reis saam met God.
Gebed
Here, help ons om tye en plekke in ons besige lewens af te sonder om in gebed deur te bring, sodat ons kan luister na U stem in hierdie pelgrimstog van die lewe.
Amen
Dagstuk | Vrydag 13 Oktober 2023
Hierdie week stap ons ’n pad met die gedagte van ’n pelgrimstog. Die afgelope week het ’n groep mense van Stellenberg-gemeente en Klipheuwel saam op ’n staptog in die Outeniqua berge gegaan. Hierdie staptog is ingerig as ’n pelgrimstog, waar ons doelbewus op reis gaan om nader aan mekaar en nader aan God te kom. Elke dag in hierdie week staan ons stil by ’n ander teksvers rondom “op pad” wees.
Johannes 3:3-4
Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan. 4Hy moes deur Samaria gaan.
Refleksie
Ons lees maklik verby hierdie kort versie in Johannes. Jesus moes deur Samaria gaan. Ons neem aan dat Jesus nie ’n ander keuse gehad het nie, maar dat dit ’n geografiese noodsaaklikheid was om deur Samaria te gaan wanneer jy tussen Judea en Galilea reis.
Dit is so dat die korste, vinnigste pad jou deur Samaria sou neem, maar daar was ’n ander pad ook, wat ’n dagreis langer was en moeiliker was om te stap, maar wat ’n klomp Jode verkies het om te stap, juis omdat hulle Samaria wou vermy. Die Jode en Samaritane het nie gemaklik om dieselfde kampvuur gesit nie en daarom sou ’n klomp Jode uit hul pad uit gaan om nie deur Samaria te gaan nie.
Wat is daar in jou lewe wat jy doelbewus vermy? Dalk is daar ’n verhouding wat vir jou ongemaklik is en jy praat doelbewus nie met daardie persoon nie. Of dalk is daar selfs ’n groep mense met wie jy nie meng nie, of plekke waardeur jy nie wil ry nie, of nie by wil stilhou nie.
Jesus moes deur Samaria gaan.
Later in die verhaal word dit duidelik hoekom Jesus deur Samaria moes gaan en dit is duidelik dat dit nie net is omdat dit die kortste pad was nie, maar omdat Jesus juis gekom het om herstel te bring in ons stukkende wêreld. Daarom word Jesus juis geroep na plekke wat ander mense vermy.
As jy een van Jesus se dissipels was, sou jy saam met hom moes stap na daardie plek wat jy eintlik wil vermy.
As jy dit hoor, waarheen nooi Jesus jou vandag om Hom te volg? Dalk is dit ’n plek in jou eie lewe wat jy eerder wil vermy, dalk is dit ’n verhouding wat skade gely het, of dalk is dit om te begin praat met iemand wat deel is van ’n groep mense met wie jy nog nooit wou meng nie.
Mag ons reis ons neem na die plekke waar Jesus gaan, selfs en veral na die plekke wat ons eerder wil vermy.
Gebed
Here, maak ons bewus van die plekke of mense in ons gedagtes wat ons eerder wil vermy en help ons om vir Jesus te volg waar ook al Hy ons lei, ook na die plekke en mense wat ons eerder sou wou vermy. Help ons om veral daar, herstel te bring in ons stukkende wêreld.
Amen.
Dagstuk | Donderdag 12 Oktober 2023
Hierdie week stap ons ’n pad met die gedagte van ’n pelgrimstog. Die afgelope week het ’n groep mense van Stellenberg-gemeente en Klipheuwel saam op ’n staptog in die Outeniqua berge gegaan.
Hierdie staptog is ingerig as ’n pelgrimstog, waar ons doelbewus op reis gaan om nader aan mekaar en nader aan God te kom. Elke dag in hierdie week staan ons stil by ’n ander teksvers rondom “op pad” wees.
Jesaja 43:1-3
1 “Maar nou,” so sê die Here, jou Skepper, Jakob, die Een wat jou gevorm het, Israel, “moenie bang wees nie,
want Ek het jou losgekoop, Ek het jou op jou naam geroep – aan My behoort jy.
2 As jy deur water moet gaan – Ek is by jou, of deur riviere – hulle sal jou nie oorspoel nie.
As jy deur vuur moet gaan – jy sal nie geskroei word nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3 Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou verlosser.
Refleksie
Jesaja herinner ons hier van ’n eenvoudige waarheid: jy loop nie jou reis alleen nie. Waar jy ook al gaan, daar is die Here saam met jou.
Ek onthou op verskillende staptoere, hoe ek deur riviere moes stap wat in vloed was en hoe ek gewonder het hoe ons oor die rivier sou kom, of hoe ons verby ’n veldbrand stap en hoop dat die wind nie draai en die vlamme in ons rigting stuur nie, of hoe ons bo-op ’n berg vasgevang was in ’n donderstorm en hoop dat een van die weerligstrale nie ons tent raak slaan nie. Op sulke tye bid ’n mens anders en word jy opnuut bewus van ons eie broosheid en dat ons totaal afhanklik is van die Here vir oorlewing.
Jy word ook bewus van waarvoor jy bang is.
Waarvoor is jy bang? Watter vrese leef binne jou hart of jou gedagtes?
Jesaja verseker ons dat, in die reis van die lewe, daar moeilike tye gaan wees. Die lewe gaan nie altyd maklik wees nie. Maar Jesaja verseker ons ook dat ons nie alleen is in hierdie tye van ons reis nie, maar dat die Here saam met ons stap en ons help en bemoedig.
Waar het jy al beleef dat die Here by jou in moeilike tye is? Dalk het jy op ’n spesiale manier God se stem gehoor, of dalk het jy die Here beleef in ’n ander persoon wat jou gehelp het, of selfs toe jy iets gesien het waarvoor jy dankbaar was – ’n reënboog, of ’n sonsopkoms of iets wat jy gevoel het die Here net vir jou wys, as ’n teken van sy teenwoordigheid.
Mag jy vandag op jou reis, besef dat die Here saam met jou stap en jou help en jou bemoedig. Mag ons ook help om ander te help en bemoedig op hulle reis.
Gebed
Here, dankie dat ons mag weet dat ons nooit alleen is nie. Help ons om altyd bewus te wees van U teenwoordigheid, veral in die tye van diep waters of groot vlamme. Mag ons vertrou dat U saam met ons daardeur sal stap. Help ons ook om daar te wees vir ander en so U teenwoordigheid vir iemand anders sigbaar te maak.
Amen.
Dagstuk | Woensdag 11 Oktober 2023
Hierdie week stap ons ’n pad met die gedagte van ’n pelgrimstog. Die afgelope week het groep mense van Stellenberg-gemeente en Klipheuwel saam op ’n staptog in die Outeniqua berge gegaan. Hierdie staptog is ingerig as ’n pelgrimstog, waar ons doelbewus op reis gaan om nader aan mekaar en nader aan God te kom. Elke dag in hierdie week staan ons stil by ’n ander teksvers rondom “op pad” wees.
Eksodus 40:36-37. 36Wanneer die wolk van die tabernakel af opgeneem is, het die Israeliete, op al hulle trekskofte, kamp opgebreek. 37Maar as die wolk nie opgeneem is nie, het die volk nie kamp opgebreek nie, tot die dag dat dit weer opgeneem is.
Refleksie
’n Pelgrimstog is ’n reis op pad na God, maar op jou pad kom jy ook tot die besef dat ’n pelgrimstog ’n reis sáám met God is. Hierdie teksgedeelte is ’n mooi voorbeeld daarvan. Met die uittog uit Egipte was die Israeliete op pad na iets toe – op pad na die land wat die Here vir Abraham beloof het. Maar hulle was elke tree ook op pad saam met God. Daar is ’n bekende aanhaling van Ralph Waldo Emerson wat sê: “It’s the not the Destination, It’s the journey.” ’n Pelgrimstog het gewoonlik ’n einde, maar die einde is gewoonlik nie die belangrikste nie – die hele reis is ’n proses van bewuswording dat God teenwoordig is.
Dit voel soms of ek verby my eie lewe leef, asof ek nooit regtig teenwoordig is in die hede nie, maar heeltyd vorentoe kyk na wat volgende kom. Ons almal ken die gevoel dat jy nie regtig ’n naweek kan geniet nie, omdat jy weet Maandag is op pad. Daar is selfs ’n term hiervoor in populêre sielkunde: bestemming verslawing of destination addiction.
Die teksgedeelte nooi ons om te sien dat die ritme van die lewe ’n ritme van reis en rus is. En hierdie ritme word nie bepaal deur ons eie behoeftes en begeertes nie, maar deur die leiding van die Here.
Waarheen roep God jou vandag? Roep hy jou om verder te gaan op jou reis? Of roep Hy jou om af te pak en te bly waar jy is? Dalk het jy nog nooit so daaraan gedink nie. Dalk nooi die teksgedeelte jou vandag uit om die vraag te begin vra: Wat roep die Here my om te doen, roep Hy my om te beweeg, of om te bly?
Mag ons leer om op ons reis, al hoe meer in ritme met God te leef en te leer om saam met Hom te beweeg en saam met Hom te bly.
Gebed
Here, partykeer raak ons so vasgevang deur wat volgende moet gebeur of wat ons volgende wil doen dat ons nie in die hede leef nie. Of partykeer volg ons net ons eie voete, sonder om eers bewus te raak van waarmee U besig is of waarheen U ons roep nie. Help ons om in ritme met U te leef, sodat ons beweeg wanneer U beweeg en rus wanneer U rus.
Amen.