Dagstuk | Donderdag 11 Januarie 2024
Vandag is Donderdag 11 Januarie en ons is tans in die kerklike seisoen wat ons noem Epifanie. Die fokus van Epifanie is die viering van God se verskyning en bekendwording aan ons. Epifanie verkondig dat God hier is. Regdeur die Bybel sien ons hoedat mense van God se teenwoordigheid bewus raak en hoe hulle daarop reageer. Epifanietyd daag ons uit om voor God se aangesig te leef en ons identiteit daar te laat vorm. Vandag reflekteer ons verder oor hierdie tydperk van Epifanie met die tema:
Vra om God se Seën oor jou Doelwitte
Bybelteks: Psalm 20:4-5
“Mag Hy al U graanoffers onthou en u brandoffers aanneemlik vind. Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.”
Wysheid: Skep Balans. Met die wegspring van ’n nuwe jaar het ons gewoonlik ’n hele lys vol nuwe jaar voornemens. Hoe lyk jou lys van planne en doelwitte vir 2024? Mag dit wat ons hierdie jaar wil doen vir die Here aanneemlik wees. Mag dit wat ons doen vrug dra. Mag ons ja sê vir die regte goed en nee sê wanneer ons moet. Bewaar ‘n gesonde balans tussen werk, vrye tyd, familie en persoonlike selfsorg. ‘n Gebalanseerde lewe lei dikwels tot ‘n beter geestelike, emosionele en fisiese welsyn. Ons bid vir die Here se seën oor ons hande werk met die wete dat ons so afhanklik van Sy goedheid en guns is. Watter lewende offer wil jy die jaar vir die Here gee?
Gebed: Here, ek plaas my doelwitte en drome vir hierdie nuwe jaar voor U voete. Mag U seën op ons inisiatiewe wees en my help om te groei, nie net persoonlik nie, maar ook geestelik. Aan U alleen die eer!
Amen.
Dagstuk | Woensdag 10 Januarie 2024
https://youtu.be/W7afoLi0QwI
Vandag is Woensdag 10 Januarie en ons is tans in die kerklike seisoen wat ons noem Epifanie. Die fokus van Epifanie is die viering van God se verskyning en bekendwording aan ons. Epifanie verkondig dat God hier is. Regdeur die Bybel sien ons hoedat mense van God se teenwoordigheid bewus raak en hoe hulle daarop reageer. Epifanietyd daag ons uit om voor God se aangesig te leef en ons identiteit daar te laat vorm. Vandag reflekteer ons verder oor hierdie tydperk van Epifanie met die tema:
Soek God se leiding in alles
Bybelteks: Spreuke 3:5-6
“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
Wysheid: Wees Teenwoordig. Leer om teenwoordig te wees in elke oomblik van jou lewe. Fokus op die huidige oomblik, waardeer dit, en laat nie die beslommernisse van die verlede of die sorge oor die toekoms jou van die hede beroof nie. Hou dus jou oë gevestig op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Soos spreuke sê: “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” God het mens geword en tussen ons kom woon. Raak dus so aan die begin van die jaar diep bewus van die Gees van God wat jou kom bewoon.
Gebed: Here, ek plaas my vertroue in U. Lei my in hierdie nuwe jaar in. Help my om U te ken in elke aspek van my lewe, en maak my paaie gelyk volgens U wil. Lei my weë Here, ek bring die jaar voor U aangesig. Leef my deur U Gees, en lei my op die pad van waarheid en geregtigheid. Help my om U wil te verstaan en daarna te leef en te streef. Amen.
Dagstuk | Dinsdag 9 Januarie 2024
Vandag is Dinsdag 9 Januarie en ons is tans in die kerklike seisoen wat ons noem Epifanie. Die fokus van Epifanie is die viering van God se verskyning en bekendwording aan ons. Epifanie verkondig dat God hier is. Regdeur die Bybel sien ons hoedat mense van God se teenwoordigheid bewus raak en hoe hulle daarop reageer. Epifanietyd daag ons uit om voor God se aangesig te leef en ons identiteit daar te laat vorm. Vandag reflekteer ons verder oor hierdie tydperk van Epifanie met die tema:
Dankbaarheid vir ‘n Nuwe Begin
Bybelteks: Psalm 90:12
“Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid bekom.”
Wysheid: Praktiseer Dankbaarheid. Kultiveer/Beoefen ‘n houding en ingesteldheid van dankbaarheid. Neem tyd daagliks om oor die dinge te dink waarvoor jy dankbaar is. Haal ASEM: Liefde in en Dankbaarheid uit. Dit sal ‘n positiewe invloed op jou gemoedstoestand en lewenshouding hê. Deur om danbaar te leef sien ons iets wat God se openbaring aan ons.
Gebed: Hemelse Vader, ek dank U vir die geskenk van ‘n nuwe jaar. Leer my om elke dag met wysheid te benut, en mag ek dankbaar wees vir die geleenthede van vernuwing en groei wat voorlê. Here, ek dank U vir die vorige jaar, vir die hoogtepunte en selfs vir die uitdagings. Leer my uit al hierdie ervarings en neem die leiding in my lewe terwyl ek die nuwe jaar inbeweeg met ’n hart vol dankbaarheid. Amen.
Dagstuk | Maandag 8 Januarie 2024
Vandag is Maandag 8 Januarie 2024 en ons is tans in die kerklike seisoen wat ons noem Epifanie. Die fokus van Epifanie is die viering van God se verskyning en bekendwording aan ons. Die woord epifanie word herlei vanuit die Griekse epiphaneia wat op God se verskyning en manifestasie in Jesus dui. Die boodskap van Epifanie is dat die Kind wat gebore is, tot volwassenheid sal groei en sal sterf as die Offerlam. Epifanie roep ons as gelowiges op om die evangelie aan almal te vertel.
Epifanie verkondig dat God hier is. Regdeur die Bybel sien ons hoedat mense van God se teenwoordigheid bewus raak en hoe hulle daarop reageer. Hulle word so diep daardeur geraak dat dit daarna hul identiteit bepaal en dat hulle ook bereid raak om aanpassings te maak en selfs vir hul geloof te ly.
Epifanietyd daag ons uit om voor God se aangesig te leef en ons identiteit daar te laat vorm. God is ook op onverwagse plekke teenwoordig en ons kan aanleer om God buite ons eie kring raak te sien. Ons moet oop wees vir eietydse simbole van God se teenwoordigheid in ons midde.
God se lig het in ’n donker wêreld kom skyn. Dit kan nie uitgedoof word nie en dit begelei ons op ons lewenspad, soos ons uit die getuienis van die apostel Johannes 1:9 leer. “Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wereld toe”. Johannes 1:5 sê: “Dit is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie”.
Met hierdie nuwe jaar het ons tyd nodig om by Hom in stilte te kom rus. Epifanietyd gee ons ’n oor vir God se hartklop aan ons. In hierdie week se oordenkings gaan ons saam reflekteer oor hierdie tydperk van Epifanie en hoe ons onsself kan voorberei vir die jaar wat voorlê.
Gebed
Here, dankie dat U by en in ons teenwoordig is. Laat my ook hierdie jaar u lig ervaar en dit deur my lewe uitdra. Amen.
Dagstuk | Saterdag 6 Januarie 2024
1 Tess 5:18- Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
As goeie goed met ons gebeur is dit vir ons makliker om dankbaar te wees. As Henri Nouwen, die Katolieke geestelike skrywer oor dankbaarbaarheid skryf herinner hy ons daaraan dat dankbaarheid ’n lewenshouding is. ’n Dissipline om elke dag te erken dat alles wat ek is en wat ek het, aan my gegee word as ’n gawe van liefde wat gevier moet word. Maar om so na die lewe te kyk en dit met dankbaarhedi te ontvang is nie vir ons almal altyd maklik nie. As die harde kant van die lewe aan ons skuur voel dit nie altyd soos ’n gawe nie en dit kan ons laat twyfel aan God se liefde.
Ek dink die kuns van die lewe is dan om te doen dit waarna Paulus ons uitnooi. Om in alle omstandighede nogsteeds dankbaar te wees vir alles wat God ons skenk.
En dít omdat ons steeds die groot onsienlike misterie bly glo dat daar ‘n God is wat oor ons waak. ‘n God wat na ons omsien. Ook dat hierdie God, soos die Duitse teoloog, Helmuth Thielicke dit eenmaal gestel het: “Hoër gedagtes oor ons lewe koester wat ons vanuit ons aardse perpektief en verwagtinge nie altyd kan verstaan nie”. Sodat ons op ’n dag ontdek dat die slegte en swaar in my lewe ook ten goede is. Dan sal ons ervaar dit waarvan broer Roger van Taize vertel:”That in the same wound where the pain of anxiety festers, the energy for loving is also born.”
Sodat ons ook vir ons wonde dankbaar begin raak. Miskien selfs nog meer as vir al die goeie dinge wat ons besit.
Mag ons hierdie dissipline bly inoefen om in alle omstandighede en vir alle dinge dankbaar teenoor die God te bly.
Dagstuk | Vrydag 5 Januarie 2024
Teksgedeelte: Hebreers 12:15 “Sorg dat daar nie verbittering soos ’n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie . . .”
Die skrywer herinnner ons hoe destruktief opgekropte, of onverwerkte emosies kan wees. Daardie onbewuste gevoelens of komplekse wat soms so knaend aan ons psige kan bly vreet. Van hierdie emosies is bitterheid waarskynlik die mees vernietigendste. Dit laat jou nie net negatief, sinies en selfs vyandig na die lewe en ander mense kyk nie – op die lang duur skep dit ongesonde spanning in jou lyf.
Iets wat in erge siekte of selfs neerslagtigheid kan omsit. As gelowiges moet ons waaksaam bly teen die negatiewe effekte van sulke opgekropte en negatiewe emosies. Dit tas nie net die gesondheid aan nie. Dit kan ook ons verhoudings beskadig.
Ek dink dis om hierdie rede wat die skrywer ons oproep om te sorg dat daar nie ‘n wortel van verbittering in ons lewens ontstaan nie. Om dit te help bestry, so het die ou geloofsvaders en moeders geglo, het ons ‘n geestelike vertroueling nodig. Iemand wat ons kan help om deur ‘n oop en eerlike gesprek ons gevoelens te verwoord en so die oorsaak van ons bitterheid beter te verstaan en eerliker daarmee om te gaan.
En dit dan ook in God se hande te plaas met die vertroue dat dit tot iets anders, iets mooiers, en meer hoopvol mag groei. Byna soos by ‘n bekende digter wat op ‘n keer geskryf het: “Someone I loved once gave me a box full of darkness. It took me years to understand that this, too, was a gift.
Amen
Dagstuk | Donderdag 4 Januarie 2024
Ek wil jou graag uitnooi om vir ’n paar oomblikke vandag jou oë toe te maak en te reflekteer oor jou week wat was en al die mense wat jou week gekruis het. Hou hulle in jou gedagtes vas en raak bewus van die konneksies wat daar was tussen jou en bekendes of vreemdelinge.
Vra jouself af waar het jy die ervaring gehad dat mense jou dalk welkom laat voel het. Wat was die oomblikke waar jy gasvry was met nuwe vriende. Waar het jy die ervaring gehad dat mense jou laat voel het, dat hier kan jy jouself wees.
Mag jy hierdie week diep bewus word van hiedie oomblikke van konneksies met mense. Mag jy dit ontvang as geleenthede om iets van iemand te leer, en ook geleentheid om iets vir iemand te beteken. Mag ons dankbaar wees vir elke konneksie en so die heligheid van alle mense raak sien.
Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela-gemeenskap
God in a stranger’s hello,
God in a raised hand of greeting: those simple gestures,
be it a glance toward a passer-by who looks back with a nod
or the friendly question about what breed of dog you’ve got there,
give us moments of connection
and remind us of days to come when instead of passing by or getting only as far as small talk,
we will be able to draw close and learn more from each other.
Until then, we give thanks for that stranger’s hello
and the greeting we offer in kind.
Amen.
Dagstuk | Woensdag 3 Januarie 2024
Teksvers: Filipense 1:9
“Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.”
Die teoloog, Dirkie Smit, skyf hieroor dat saam met perspektief in die lewe kom prioriteite. Hoe ons na mense en dinge kyk, bepaal wat vir ons gewig dra, of nie. Wat en wie ons sien en nie sien nie, het baie te make met ons prioriteite, met die waarde wat ons aan hulle toeken – of ons dit besef, of nie.
Hy verduidelik verder en sê, priotiteite dui letterlik op volgorde, rangorde, voor-in-die-ry, of ver-agter-en-onopmerklik-agter-in-die-tou. Dit sê hy is juis die punt. Wie omloop en van ’n ander kant af kyk, se volgorde word ook anders. Laaste word dan eerste. Prioriteit sit nie in waarna gekyk word nie, maar in wie kyk. In wie ons is en waar ons staan. Ek dink dis ook so in die lewe. Veral so aan die begin van ’n jaar waar ons die geleentheid kry om net effe anders te leer kyk. Wat laasjaar so gewigtig was, so allesoorheersend, hoef nie meer te wees nie.
Ek dink dis ook Paulus se punt as hy bid dat ons liefde sal toeneem, sodat ons kan onderskei wat regtig saak maak. Die vreemde is dat hy sê daarvoor moet ons liefde toeneem. Dit is asof dit oë van liefde is wat perspektief bring, prioriteite verander, ons anders kan laat kyk – na alles en almal. Mag ons hierdie uitnodiging ontvang en deelmaak van ons lewe.
Dagstuk | Dinsdag 2 Januarie 2024
Die bekende historikus Felipe Fernandez Armesto se bekende motto in die lewe was dat als in die lewe afhang van hoe ons daarna kyk. Met ‘n ander oog, uit ‘n ander hoek, lyk dinge heel anders. In een van sy geskiedenis boeke vertel hy hoe hy die geskiedenis lees- alles binne perspektief. Wat tans verskriklik belangrik lyk, gaan dalk in onbenullige vergetelheid verdwyn, en wat vir ons ongemerk verbygaan, gaan dalk in ‘n ander, grootser perspektief waarlik saak maak en blywende waarde he.
Ek dink in Armesto se kyk na die lewe ,sit ‘n diep Bybelse oortuiging. Dat dinge met tyd en afstand baie anders lyk as wat ons elke dag mag dink en voel. Die hart van die Christelike geloof het te make met hierdie vermoee om vanuit ‘n ander oogpunt te leer kyk. Miskien hier aan die begin van nog ‘n jaar, is dit ‘n goeie tyd om dinge ‘n slag uit so ‘n anderse perspektief te bekyk. Met groter afstand, teen ‘n breer doek, ‘n hemelse perspektief- die dinge wat ons so begeer en die dinge wat ons so vrees. Hoe hulle lyk, hang af van hoe ons kyk.
Ek lees graag ‘n gebed van die Corrymeela gemeenskap
God van die nuwe jaar
God van ons aaneenlopende stories:
ons bid vir hulle wat intree in hierdie jaar met angstigheid
met moegheid
met hartseer.
Ons bid vir onsself
en ons bid that hierdie ‘n jaar sal wees van restourasie
van lewens gevul met nuwe hoop,
Sodat in plaas daarvan dat ons bid vir iets om te eindig
ons opnuut sal ontdek die vreugde van ‘n nuwe begin
Amen
Dagstuk | Maandag 1 Januarie 2024
Mag jy op hierdie eerste dag van die nuwe jaar vashou aan die troos dat net soos God jou gedra het in die jaar wat was, net so sal God ook by jou wees in hierdie nuwe jaar wat voor ons lê. Mag dit vir jou ‘n troos wees soos wat jy in die onbekende in stap. Mag jy weet dat jy veilig in God se hande is en daarom kan jy maar meer lief hê, meer kanse waag, meer genade uitdeel en meer kere vergewe.
Ek lees graag een van die eerste seen gebede van die vroeë kerk:
Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou om jou hand vas te hou.
Die Here is agter jou om die Bose te verslaan.
Die Here is onder jou om jou te dra as jy swak is en jou op te help as jy val.
Die Here is rondom jou om jou te beskerm.
Die Here is bokant jou om jou te seën.
Die Here is binne-in jou, want Hy lei jou deur sy Heilige Gees.
Die Here is vir jou, want Jesus pleit vir jou.
Die Drie-enige God is by jou, van nou af tot in ewigheid.