Gedagte vir die dag | Vrydag 4 Desember 2020
Jakobus 4:6. “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade”
Ons moet dikwels ons pad in hierdie wêreld oop baklei. Dit is dan ook gewoonlik die sterkes wat wen en in hulle oorwinning jubel, terwyl die verloorders, of swakkeres agtergelaat word. Die Here kom draai hierdie orde om. Daar is genade vir mense op wie daar neergesien word en wat die onreg van hoogmoed moet verdra. Voel jy vandag oorweldig deur mense wat hoogmoedig is; wat jou menswees oorheers? Ons gaan vandag die woorde van Psalm 131 saam bid. Beleef vandag die vrede en genade wat God jou in hierdie omstandighede kom gee.
Gebed
Psalm 131.
Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. Ek het rus en kalmte gevind. Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.
Gedagte vir die dag | Donderdag 3 Desember 2020
Jakobus 4:3. “As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.”
Dit is natuurlik dat ons ons alledaagse behoeftes in ons gebede verwoord. Jy kan met vrymoedigheid na die Here gaan en vir Hom vra, maar ons moet altyd bewus wees van die slaggat van selfgerigtheid. Ons eie behoeftes en die emosies wat daarmee saamloop het die vermoë om ons vas te vang en laat ons in sirkels bid vir die uitkomste wat ons vir ons self in gedagte het. Hoe bid ’n mens dan “reg” soos ons teksgedeelte vra? Dit is nie so moeilik soos ons dink nie. Dit gaan waarskynlik glad nie oor die woorde wat ons formuleer nie. Stort jou hart openlik voor die Here uit en moenie bang wees om die verkeerde woorde te gebruik nie, maar laat daarin ruimte om ook te luister. Neem tyd om vandag in jou gebed in blote stilte op God te fokus en laat God toe om jou ook te wys. Baie keer verg dit nie dat ons toe oë, soos wanneer ons bid, na Hom luister nie, maar juis in die oomblikke wanneer jy in stilte die mense en wêreld om jou aanskou en die Here dit op ’n nuwe manier aan jou wys.
Gebed
Here, lê ’n smaak vir gebed op my tong, en laat my lippe dan ’n banket van lof vir U berei. En mag hierdie feesmaal, – wanneer ek dit eers een keer geproe het – my voed, maar nooit versadig nie, sodat ek altyd weer na gesprek met U sal verlang (Ralph W. Seager).
Gedagte vir die dag | Woensdag 2 Desember 2020
Jakobus 3:17-18. “Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.”
Hierdie teks kyk vandag diep in ons siel. Dit sien al die gedagtes en perspektiewe wat tydens ons kontak met ander mense by ons opkom wanneer ons bedreig, kwaad of ontsteld voel. Hierdie gedagtes lê diep verskuil in die keuses en besluite wat ons daagliks neem. Die wysheid wat ons van God ontvang, deurdring hierdie gedagtes, emosies en perspektiewe wat ons oorheers. Wat is die gedagtes en emosies wat jou vandag oorheers en waarvan jy sukkel om ontslae te raak? Beskou dit vandag, in hierdie oomblik van stilte, vir wat dit is: selfgerigte planne wat die potensiaal het om groot skade aan te rig. Laat daarom die Here toe om daardeur te sien en jou ware menswees te ontbloot – die opregtheid, bedagsaamheid, nederigheid en selfbeheersing wat ook in jou leef.
Gebed
Vader in die hemel, vroeg in die môre roep ek tot U. Gee my die woorde om met U te praat, help my om my verwarde gedagtes by U te bepaal. Ek kan nie op my eie bid nie, Here. In my is daar donkerte; by U is daar lig. Ek is eensaam; U verlaat my nie. Ek voel nietig en bang; U laat my nie alleen nie. Ek is rusteloos; by U is daar vrede. Ek vind bitterheid in my hart; U leer my geduld. U weë is onbegryplik; U ken die pad waarop ek gaan (Dietrich Bonhoeffer).
Gedagte vir die dag | Dinsdag 1 Desember 2020
Matteus 6:7,8: “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ’n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hul gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.”
“Die oom bid my hamburger koud!”
“Pappa, die oom bid my hamburger koud!” Toe ’n kind dit sê tydens ’n lewenslange gebed voor ete was daar omtrent konsternasie rondom die tafel.
Van lang gebede gepraat, ek onthou hoedat die bekende prediker D. L. Moody een keer ’n lewenslange bidder onderbreek het. Tydens een van sy dienste toe iemand lank gebid het, het Moody opgestaan en gesê dat, terwyl die broer sy gebed voltooi, gaan die res van die mense solank ’n lied sing.
In Eksodus 14:15 sê God min of meer dieselfde vir Moses. Hulle moet nou amen sê en aan die beweeg kom. Dit gebeur terwyl Moses hier by God pleit om die Israeliete tot kalmte te bring. Dan antwoord God vir Moses dat hy eerder nou die Israeliete aan die trek moet kry.
Lyk my, ons moet partykeer korter bid en net begin doen wat die Here vra. Prediker 5:1-2 waarsku juis teen te veel woorde in God se teenwoordigheid. “Ken jou plek, want Hy is in die hemel en jy op die aarde!” vermaan hy ons. Dan voeg hy by: “Laat jou woorde daarom min wees.”
In Matteus 6 sê Jesus ook dat ons gebede nie met ’n stortvloed van woorde gepaard moet gaan nie. God hou regtig nie telling van die lengte van ons gebede nie. Hy weet wat in ons harte leef.
Die Onse Vader gebed is ons norm hier. Dit is Jesus se groot gebedsles aan ons. Dit is kragtig en kort. Bid presies so. Bid opreg, kort en kragtig. (Stephan Joubert)
Gebed: U is my alles! Amen
Gedagte vir die dag | Maandag 30 November 2020
Matteus 7:5. “Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog te haal.”
Die probleem én die oplossing!
’n Engelse koerant het blykbaar aan die begin van die vorige eeu ’n vraelys na ’n paar bekende outeurs uitgestuur. Hulle moes een vraag beantwoord:
“What’s wrong with the world today?” Toe sou G.K. Chesterton blykbaar so geantwoord het: “Dear Sir, I am. Yours, G.K. Chesterton.”
Ons is nie heeltemal seker of hy dit wel gedoen het nie. Nogtans het Chesterton later ’n boek geskryf met die titel: “What’s wrong with the world?”
Verseker is die probleem nie net “hulle” nie. As ons regtig verantwoordelik voor God leef, het ons die reg prysgegee om gedurig die skuld na die res te verplaas. Dan is ons self aanspreeklik voor Hom vir ons eie lewens. Dan is ons nie deel van wat ek graag noem die “NBS kultuur” nie – daardie “naming, blaming and shaming” kultuur nie. Ja, ons mag ook verkeerde dinge aanspreek, maar ons moet heel eerste sorg dat ons eie lewenshuis in orde is voor die Here.
Ons eie oogbalke moet eers verwyder word, alvorens ons splinters in ander se oë raaksien. (Stephan Joubert)
Gebed: O Here, ek bely vandag dat ek eerder die foute en tekortkominge by ander raaksien en myself dikwels verontskuldig. Help my om inderdaad eers die baie balke uit my eie oë te haal. Vandag . . . hier rondom my en in ons land met sy groot verskeidenheid mense wat anders as ek is en dink. Amen
Gedagte vir die dag | Sondag 29 November 2020
Johannes 12:26: “As iemand my wil dien, moet hy my volg; en waar ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.”
Die regte afstand is omgee!
“???????? ????????????????????-19 ???????????????? ???????????? ???????????????? ???????? ???????????????????????? ???????? ???????????? ????????̂???????????????????????????????????????????????????? ???????? ???????????????? ???????? ?????????????” vra iemand. Hulle Bybelstudiegroep wil graag weet. Ek sukkel om my skok weg te steek, terwyl ek sê: “???????????? ???????????????????? ???????????????????? ???????? ???????????????????? ???????????? ???????????????? ???????? ’???? ????????????????????????????-????????????.” Toe wonder ek by myself of mense, wat so dink, self bereid sou wees om heel eerste aan te meld vir so ‘n vermindering van die wêreldbevolking? Of geld dit net vir ander mense op die planeet? Dit lyk my dit is maklik om te spekuleer oor God se planne totdat die moeilikheid jouself tref.
Hoekom wil sommiges so graag een of ander goddelike straf inlees in slegte gebeure? Hoekom is COVID-19 summier ’n straf van God se kant af? ’n Veel beter roete is om saam met die eerste Christene te vra: “H???????? ???????????? ???????? ???????????????????????? ???????? ???????????? ???????????????? ???????? ???????????????? ???????? ’???? ???????????? ???????????????? ???????????????????????????? ???????????????????????????????????? ?????????????????” Dit is die regte vraag om te vra. Dan spekuleer ek nie oor God se handelinge vanaf ’n onbetrokke, veilige afstand af nie. Die regte afstand lyk anders. Dit is dien-afstand, of eerder, dien-nabyheid! Dit veroorsaak dat ek betrokke raak by kerklike en ander instansies. Ek help. Ek dien. Ek doen. (Stephan Joubert)
Gebed. Jesus, dankie dat ek veral by U kan leer oor diensbaarheid. Dankie, dat U gekom het om ons, wie ons ook al is en waar ons ook al is, te dien. Help my om te verstaan hoe en waar om so diensbaar te wees dat mense U daarin kan raaksien en leer ken. Amen
Gedagte vir die dag | Saterdag 28 November 2020
Kolossense 1:10(b): “Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.”
Goeie vrae lei tot ’n goeie lewe!
Die Nobelpryswenner en fisikus Isidore Rabi, vertel hoedat sy maats elke dag na skool by hulle ouers een vraag gehoor het: “Wat het julle vandag geleer?” Sy ma het egter iets anders vir hom gevra: “Izzy did you ask good questions today?”
Om te vra, is om te groei. Om te vra is om te leer. Geloof in God sluit nie vrae uit nie. God kan ons vrae vat. Trouens, geloof vat dikwels pos en groei nog dieper in die omgewing van goeie vrae. Een van die beste vrae ooit word juis voor die hemel se deur gelê deur daardie groot vervolger van die kerk. Ek praat van Paulus. Hy vra sy kanonvraag op die pad na Damaskus waar hy Christene wil gaan arresteer. “Wie is U Here?” Dan hoor hy dat dit is Jesus is wie se lig nou op hom skyn. Dit is Jesus Self wie hyself besig was om te vervolg. Wat ’n goeie vraag, een wat eindig in ’n splinternuwe lewe vir Paulus.
Kortom: goeie vraag, goeie hemelse respons, goeie lewe! (Stephan Joubert)
Gebed
Dankie, Here, dat ons ons lewe lank op ’n ontdekkingstog kan wees deur U beter te leer ken. Maak my ywerig om goeie vrae te vra om meer en meer kennis oor U te verkry en daardeur geestelik te groei. Amen
Gedagte vir die dag | Vrydag 27 November 2020
Psalm 104: “Ek wil die Here loof! Here, my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister!”
Groot is by klein, sterk is by swak.
“Hoe groot is God?” wou een van my kinders eendag weet.
“Hy is so groot dat Hy die hele wêreld in sy handpalm vashou,” het ek geantwoord. As ek reg onthou, het ek toe vir haar gelees uit Jesaja 40:12-17 wat digterlik mooi praat oor God se grootheid. Dit vertel onder andere hoedat die Here al die water van die see sommer so in sy een hand afgemeet het. En hoedat Hy die hemelruim ook met sy hand uitgemeet het.
Die Here troon uit bo-oor al die nasies. Almal is soos stof voor Hom. Hy is onvergelykbaar met enige ander gode of magte. Nogtans is God nooit te groot of te besig om klein mensies raak te sien nie. Hy buig graag af in genade na mense in nood.
Die lewende God misbruik nooit sy almag om mense te domineer nie. In sy vryheid kies Hy eerder om soos ’n herder tussen sy mense aanwesig te wees. Jesaja 40:11 vertel juis dat die Here sy volk soos lammertjies in sy arms optel.
Dit is wie God is. Hy is so groot dat Hy die aarde in sy hand balanseer, maar Hy is ook so naby en vol deernis dat Hy die hulpgeroep van weerloses hoor. Hy is nie ’n despoot wat sy wil op ons af forseer nie. Of wat alles en almal willoos beheer nie. Nee, Hy is die Here wat ons uitnooi na Hom toe, en wat omgee. Hy is die goeie Herder wat sy skape ook in sy handpalm dra. (Stephan Joubert)
Gebed
Here, ek prys U grootheid en dank U dat U in U grootheid nie verby my as nietige mens kyk nie. Amen
Gedagte vir die dag | Donderdag 26 November 2020
Lukas 6:36: “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”
Die Here vat my soos wat ek is, maar lós my nooit soos wat ek is nie!
Ek sê partykeer grappenderwys ek hou van alle mense. Ek hou van sommiges se gesig en van ander se rug. Ek hou van party mense as hulle kom en van ander mense weer as hulle gaan. Die feit bly, daar is altyd plek in my hart vir nog iemand om nie van te hou nie. Dit lyk vir my ek het ’n eindelose kapasiteit vir liefdeloosheid. Tog lyk dit nie of ek dieselfde ruim kapasiteit vir liefde het nie. Dit is vir my makliker om eerder ander mense se droogmakery raak te sien, as al die mooi dinge wat hulle doen. Ek is beter op foute uitwys as om die Here se nuutste werke raak te sien. Dit is nie reg nie. Ek wéét. Ek word tot ’n hoër standaard as my eie gevoelens en opinies oor mense opgeroep. Ek word uitgedaag tot die Here se standaard.
In Lukas 6:36 roep Jesus my op om vol medelye te wees soos wat God vol medelye is. Boonop laat Hy my nie daarmee wegkom as ek liefdeloos teenoor ander is nie. Sy Gees karring hard aan my. Hy leer my al hoe meer om mense te eer en te respekteer. Hy maak my bewus daarvan as ek ander kritiseer of veroordeel. Dit pas nie by ’n gelowige om met ’n hart vol liefdeloosheid opgeskeep te sit nie. Daarom is die Here se Gees gedurig met sy beitelwerk in my lewe besig. Hy vat my soos wat ek is, maar Hy lós my nooit soos wat ek is nie.
???????? ???????????????????????? ???????????????????????? … ???????????????????????? ???????????????????????????????????? ???????????? ???????????? ????????????? (Stephan Joubert)
Gebed
Here, U weet hoe liefdeloos ons soms teenoor sekere mense kan optree. Gee asb. vir ons, u kinders, ’n ruim kapasiteit vir liefde. Ook vir hulle wat ons soms irriteer en van wie ons eintlik nie baie hou nie. In Suid-Afrika, ons uiters diverse land, gebeur dit so baie dat ons onsself afsluit van hulle wat anders is as ons. Gee ons asseblief u hart van medelye. Amen.
Gedagte vir die dag | Woensdag 25 November 2020
BELANGRIKE KENNISGEWING AANGAANDE DAGSTUKKIES VIR DIE VOLGENDE SEWE DAE.
Jesus het nie ’n handspuitbotteltjie uit die hemel saamgebring nie!