Bybelskool | Vierde kwartaal 2023

Twee Bybelskoolkursusse vir die vierde kwartaal:

Kursus 1 |  Spirituele verdieping vir mense wat dors na meer

Van geboorte af smag of dors alle mense na iets diepers, groters en heiligs . . . na God.  Ons wil jou uitnooi om in dié Bybelskool te kom nadink oor God en die volgende in diepte saam met ons te bekyk:

  • Lectio Divina – om die Bybel in reflektiewe/meditatiewe styl te lees.
  • Die mistiek van God.
  • Die vorming van ’n dieper verhouding met God.

Dit is ’n nie-bedreigende omgewing en deelnemers sal nie gevra word om in die groep bydraes te lewer nie. Alle ouderdomme – tieners tot seniors is welkom.

Datums: Maandae 16, 23 en 30 Oktober

Daar is twee tydgleuwe: 10:00 tot 12:00 of 18:80 tot 20:30

Aanbieder : Dr. Carel van Wyk.  Dr. van Wyk was voorheen vir 20 jaar ’n leraar in die gemeente en het na byna 40 jaar in die bediening ’n meesters-en doktorsgraad oor verdiepte spiritualiteit gedoen. Hy en sy vrou woon nou weer in Stellenberg.

Besprekings: Charlotte by charlotte@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Kliek HIER om die inligtingspamflet af te laai.

 

Kursus 2 |  Opvolgkursus oor die Babiloniese ballingskap

In die jaar 538 v.C. het onverwagte politieke omstandighede Jode die geleentheid gebied om na 70 jaar van ballingskap na Jerusalem terug te keer.  Die tuiskoms was egter nie so rooskleurig soos wat hulle verwag het nie. Hoe herbou ons te midde van ’n wêreld wat baie verander het, tuistes wat vernietig is? Ons reis saam met gelowiges in Esra, Nehemia, Haggai, Sagaria en Maleagi.

Datums: 6, 13, 20 en 27 November om 19:00 tot 20:30

Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach

Besprekings: charlotte@stellenberg.co.za

Koste: R40-donasie om die koste van die handleiding te dek.