Beroeping van ’n nuwe leraar

Foto links: Ds. Johan Visser.  Foto regs: Johan saam met sy vrou, Nicola en hul drie kinders James, Olivia en Ava-Jane.

 

Johan Visser het die beroep na Stellenberg-gemeente aanvaar en sal vanaf 1 Februarie 2022 in die gemeente werksaam wees.   Hy is 39 jaar oud,  getroud met Nicola (’n maatskaplike werker) en hulle het drie kinders.  Hy is sedert 2016 medeleraar in die Woodland Hills Gemeenskapskerk (NGK) in Bloemfontein waar  hy op jeug- en familiebediening gefokus het.  Hy dien ook op JONK Vrystaat en is aktief betrokke by #Imagine.  Hy is ’n talentvolle musikant.  Sy kwalifikasies sluit ’n MDiv (met die fokus op jongvolwassene- bediening) en twee nagraadse diplomas in teologie in.  Sy  werks-ondervinding sluit die volgende in:

  • Jeugwerker NG kerk Brackenfell Moedergemeente – 3 jaar
  • Jeugwerker Presbyterian Church George – 2 jaar
  • Jeugwerker NG kerk Paarlberg – 6 jaar (terwyl hy studeer het)
  • Jeugwerker NG kerk Suider-Paarl – 1 jaar
  • Medeleraar Woodland Hills Gemeenskapskerk – 5 jaar