Belydeniskamp 2022 | 8 tot 10 April 2022
Die kamp word by die Apostel Battery kampterrein in Llandudno aangebied.
Laai die inskrywingsvorm hier af, voltooi en stuur voor 25 Maart na sunet@stellenberg.co.za
Inskrywingsvorm vir graad 12’s
Belydenisaflegging | Sondag 22 Mei 2022
Volg die volgende stappe om belydenis van geloof af te lê:
Stap 1: Die tiener, of die persoon wat belydenis wil aflê, moet onderstaande aansoekvorm aflaai, voltooi en so spoedig moontlik aan sunet@stellenberg.co.za stuur.
Stap 2: Aansoekvorms moet die jeugkantoor voor 21 April bereik. Help ons asb. deur seker te maak jy handig jou aansoekvorm betyds in. Geen laat aansoeke kan ongelukkig aanvaar word nie. Dui ook aan of jy na die belydenisaflegging graag ’n geselligheid met tee en verversings by die kerk sal wil hou en of jy verkies om dit tuis te doen.
Stap 3: Kontak jou wykspredikant so spoedig moontlik vir ’n gesprek, NADAT jy die vorm by die jeugkantoor ingehandig het. Hou assseblief in gedagte dat die predikant se dagboek vinnig vol raak en dat hy/sy nie noodwendig al die gesprekke in die laaste paar dae, voor die datum van belydenisaflegging, ingepas kan kry nie.
Stap 4: Maak so gou moontlik ’n afspraak met jou kleingroepleier van verlede jaar en gesels ook met hom/haar oor jou belydenisaflegging. Indien die kleingroepleier jou nie kan spreek nie, meld dit asseblief by Sunet, sunet@stellenberg.co.za (jeugkantoor) aan.
Stap 5: ’n Nagmaalgeleentheid word op Dinsdag, 17 Mei 18:00 in die kerk gehou. Jy en jou hele gesin word na die Nagmaal uitgenooi. Tee en verversings word na die nagmaal in die markplein bedien.
SONDAGAAND 22 Mei 18:00 vind die belydenisaflegging tydens die Relevantdiens plaas. Die groep wat belydenis aflê ontmoet om 17:30 die predikant in die kapel. Hy/sy sal dan die verloop van die erediens aan jou verduidelik.
Om jou geloof voor die gemeente te bely is ’n groot mylpaal in jou lewe. Mag jy God se teenwoordigheid opnuut in hierdie tyd beleef!
AANSOEKVORM VIR BELYDENISAFLEGGING