Raak betrokke by die volgende bedienings in die gemeente:
- Kafeteria – neem een keer ‘n maand ‘n diensbeurt by die kafeteria waar. Kliek op die skakel vir meer inligting.
- Eredienswerker – bied hulp aan tydens eredienste met die uitdeel van afkondigingsblaadjies en die verwelkoming van lidmate. Kliek op die skakel vir meer inligting.
- Sekuriteitsdiens – raak betrokke by die sekuriteitspan wat op aflosbasis motors tydens eredienste oppas. Kliek op die skakel vir meer inligting.
- Kampe – die gemeente het ‘n groot en energieke bediening rondom kampe vir jongmense. Kliek gerus op die skakel vir meer inligting.
- Kleingroepe – skakel by ‘n kleingroep in en leer so nuwe mense ken. Kliek op die skakel vir volledige inligting. Jy kan ook aanlyn aandui by watter kleingroep jy wil inskakel.
- Gebedsbediening – indien gebed jou passie is, kliek gerus op die skakel vir meer inligting rondom ons gebedsbediening. Daar is ook ‘n aanlynfunksie waardeur gebedsversoeke deurgegee kan word.
- Musiekbediening – ons het vier musiekgroepe in die gemeente wat voorsang tydens eredienste lei. Kliek op die skakel vir meer inligting oor die musiekgroepe en kontakbesonderhede van die musiekleier.