Ons basaar is om die draai. Teken dit in jou dagboek aan en laat weet asseblief waar jy betrokke kan raak:
- HELPERS: Ons het helpers by bedieningspunte en kaartjie-verkope nodig. Kontak asb. vir Deon Maree 082 869 0364.
- OFFERTAFEL: Skenk asb. enige gebakte produkte vir die offer-tafel. Die predikantespan gaan ook elkeen hulle bakvernuf by die tafel ten toon stel. Callie bak dekadente cinnabuns en Philipp gaan death-by-chocolate-brownies optower. Marius slaan sy hand aan sjokoladekoekies, Hanno spog met ’n peppermint-en-caramel-tert en René gaan haar slag met melktert demonstreer. Gee asseblief jou bydrae met ’n prys daarop, Vrydag 6 Maart by die markplein af.
- TE ETE: Jy kan die volgende staatmakers by die basaar koop:
Roosterkoeke R20
Vetkoeke met kerriemaalvleis R20
Jaffels met hoender R20
Hamburgers R25
Boerewors en smoor R20
Braaivleis en slaai R75
Kerrie en rys R35
Pannekoek R6
Poeding R15
Chipstix en roomys
Kontant, krediet– en debietkaarte asook SnapScan word aanvaar.
- WITOLIFANTTAFEL: Enige bruikbare artikels soos kombuis-ware, boeke, ornamente en gereedskap is welkom. Gee bydraes by die kerkkantoor af.
- JAFFELPANNE: Kan ons jou jaffelpan leen? Ons sal dit mooi oppas. Gee dit met jou naam daaraan vasgemaak, by die kerkkantoor af.
- VIR DIE JONGSPAN: Daar is weer ’n abseiltoring in die kleinsaal en die hoogste klimmer gaan ’n prys wen. Vir jonger kinders is daar lekker springkastele en gesigverf.
- DONASIES: Hou die onkoste laag en word baie waardeer. Bydraes kan by die kerkkantoor inbetaal word, per EFT na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005 oorbetaal word, of met SnapScan gemaak word. Gebruik BASAAR as verwysing.
Kontakpersoon: Deon Maree by 082 869 0364 of deon@mediationforum.co.za