Basaar 2024

Ons hou op Vrydag 8 Maart weer ’n lekker saamkuier-basaar.  Naas die feesmark is die basaar die gemeente se grootste fondsinsamelingsprojek.  Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, of nie ’n bydrae in die vorm van poeding, koek, ens. kan lewer nie, oorweeg asseblief om ’n skenking ten bate van die basaar te maak.

OP DIE SPYSKAART

Roosterkoek/Vetkoek ongevul R15

Roosterkoek/Vetkoek gevul R30

Boereworsrol R30

Kerrie-en-rys R45

Hamburgers R40

Braaibord & Slaai  R110

Slaptjips R25

Poeding R20

Pannekoek R9

TE KOOP

Die volgende rou vleis gaan te koop aangebied word, alles A2-lam.
Heel braairibbes (staanrib)
Heel nekkies
Heel blaaie (lamb shoulder)
Pakkies kookvleis

HOPE PRET VIR KINDERS

WITOLIFANTWINKEL EN STALLETJIES

Kom snuffel by die Witolifantwinkel. Daar is groot skatte.  Ons spog ook vanjaar met 35 stalletjies wat ’n mengelmoes van items o.a. juwele en vele meer verkoop.   

KONTANTBYDRAES

Dit help ons baie en kan oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.  Gebruik BASAAR as verwysing, of gebruik die SnapScan-kode met BASAAR as verwysing.

MES SE KARWASDIENS

MES se karwasdiens word tydens die basaar aangebied. Laat jou motor teen slegs R100 was en ondersteun so die organisasie se werkskeppingsprojek.  Die diens geskied onder toesig en bankkaarte word aanvaar.

Kredietkaarte asook SnapScan word aanvaar.