Vrydag 4 Maart om 15:00
Ons gaan weer soos van ouds basaar hou. Help asb. met die volgende:
- Op die spyskaart. Braaivleis en slaai, kerrie-en-rys, hamburgers, boereworsrolle, jaffles, roosterkoek, tjips, vetkoek, pannekoek, poeding, doughnuts, spookasem en drinkgoed.
- Vir die kinders is daar lekker speletjiies. Kom versier jou eie kolwyntjie, skyfskiet en springkastele.
- Gebak. Tuisgebak of gekoop: koek, beskuit, tert, kleinkoekies, ens. Gee bydraes asb. op die basaardag by die offertafel af.
- Bestanddele. Skenkings van bestanddele help ons om die basaarkos teen laer pryse ekstra lekker te maak. Die volgende kan by die kerkkantoor afgegee word: meel, suiker, boksies vla, kaas, rys en eiers.
- Tjoppies op die vuur. Maak asb. ’n donasie vir die aankoop van lamsvleis. Dit kan oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, of gebruik die SnapScan kode. Gebruik basaar as verwysing.
- Poeding. Het jy ’n klitser, ’n mengbak, ’n oond en ’n yskas – dan kan jy help met die maak van gebakte of jelliepoedings vir die basaar. Laat weet vir Karen by 082 827 9389 waarmee jy kan help.
- Navrae: Karen Visagie, feesmark@stellenberg.co.za/082 827 9389