Selfdegeslagverhoudings (besluite)

Stellenberg poog om die diverse siening van lidmate in die gemeente rakende die kwessie van selfdegeslagverhoudings in ag te neem en wil daarom nie lidmate wat van hierdie standpunt verskil, uitsluit nie, maar eerder akkommodeer.  Dit is vir die kerkraad belangrik om ten spyte van ons eie standpunt, steeds lidmate se sienings aan beide kante van die spektrum te erken en te respekteer. Ons vertrou dat ons as gelowiges steeds verbind aan mekaar sal bly en dat ons soos ons geloofsbelydenis aandui nader aan God en mekaar sal leef sodat ons ’n verskil in die wêreld sal maak en voortdurend vernuwe.

Die volgende dokumente is riglyne waarmee ons lidmate wil bemagtig om oor die saak van selfdegeslagverhoudings in die kerk te dink en te praat. Indien jy graag met een van die predikante of kerkraadslede hieroor ’n gesprek wil voer is jy welkom om met ons kontak te maak. Kerkraadslede se besonderhede is by die kerkkantoor beskikbaar.

1.Ons gemeente se standpunt oor selfdegeslagverhoudings moet eerstens gelees en verstaan word teen die agtergrond van Stellenberg-gemeente se belydenis.  Die belydenis verwoord ons unieke visie en missie.  Kliek HIER om dit oop te maak.

2. Stellenberg-gemeente se standpunt rakende selfdegeslagverhoudings. Kliek op die wynrooi teks om die dokument af te laai:  Kerkraadsbesluit: Augustus 2019: selfdegeslagverhoudings 

3. Die Algemene Sinode van die NG Kerk se besluit rakende selfdegeslagverhoudings. Kliek op die wynrooi teks om die dokument af te laai: Algemene Sinode 2015_ Besluit

Ander inligtingstukke wat aan lidmate versprei is:

Kliek op die wynrooi teksgedeelte om die dokument af te laai:

27 November 2016: Inligting geplaas in die weeklikse Gemeentebulletin.

November 2015: Pastorale brief aan lidmate van die gemeente.

Maart 2015: Skrywe aan die gemeente

Agenda van die Wes-Kaaplandse sinode (bl. 59)

2019 besluit van die Algemene Sinode rakende selfdegeslagverhoudings 

Verdere agtergrondinligting en teksinterpretasies

Kliek op die wynrooi teks om die dokument af te laai.

Gesprekke met gay lidmate, hulle ouers en familie

Nuwe Testamentiese perspektiewe (Deel 1)

Nuwe Testamentiese perspektiewe (Deel 2)

Ou Testamentiese perspektiewe

Inspirasie en interpretasie van die Bybel

Hoe lees ons die Bybel? Een teks – meerder betekenis

Videomateriaal wat by die onderwerp aansluit

Homoseksualiteit in die NG Kerk (Deel 1)

Homoseksualiteit in die NG Kerk (Deel 2)

Homoseksualiteit in die NG Kerk (Deel 3)

Homoseksualiteit in die NG Kerk (Deel 4)

Homoseksualiteit in die NG Kerk (Deel 5)

Stellenberg Bybelskool

Tydens die vierde kwartaal word ’n Bybelskoolkursus aangebied wat die wyse waarop ons die Bybel in die lig van uitdagende tye en kwessies lees en verstaan sal bestudeer.  Hoe verantwoord Stellenberg-gemeente hulle standpunt oor onder andere ras, geslag, versoening, armoede, sosiale geregtigheid, ens.