Bevestiging van ds. Johan Visser
Sondag 6 Februarie 2022 om 09:00 in die kerk
Die familie– en meditatiewe dienste skakel om 09:00 by die oggenddiens in sodat ons saam as gemeente vir ds. Johan Visser in ons midde kan verwelkom.
NA DIE DIENS
Ons nooi lidmate om na die diens saam te kuier in die teetuin-area asook die kafeteria.
KATEGESE
Annibrand Junior ontmoet vanaf 10:00 tot 10:45 in die kleinsaal en die seniorgroep ontmoet om 18:00 in die kerk.