’n Werkswinkel vir professionele persone en besigheidseienaars

Dit is Maartmaand en ons het amptelik nog net tien maande van die jaar oor.  Aan die begin van die jaar het ’n mens jou doelwitte en teikens vir jou besigheid gestel, maar soos met enige goeie plan is daar altyd ’n hele klomp onbeplande uitdagings wat jou pad kruis en jou goeie strategie effe op sy kop draai.

Jou besigheid, of die korporatiewe wêreld waarin jy funksioneer,  bied dikwels nie voldoende tyd en ruimte sodat jy nuwe strategieë ordentlik kan bedink en beplan nie.  Met dÍt in gedagte bied JP Cronje, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool en Rudolph van Schoor, lewens- en besigheidsafrigter, op 7 April ’n interaktiewe werkswinkel aan wat aan die volgende grondbeginsels sal aandag gee:

  1. Watter ingesteldheid, denkwyse en strategieë het jy nodig om die uitdagings wat jy in die gesig staar, te oorkom?
  2. Hoe lyk strategiese leierskap wat jou en jou span kan help om doelwitte te bereik?
  3. Wat verhoed jou personeel om optimaal te presteer?
  4. Hoe ontwikkel jy stelsels en sisteme wat jou ondersteun om jou doelwitte te bereik?

Datum en tyd: Dinsdag 7 April van  07:30 tot 09:00

Koste: R60 per persoon.  Koffie en muffins sal bedien word.

Plek: Die markplein, NG kerk Stellenberg

Besprekings:  sos@stellenberg.co.za

Bring asseblief ’n pen/potlood en skryfblok saam.