Raak asb. betrokke om te verseker dat gemeente-aktiwiteite vlot sal verloop. Ons is afhanklik van lidmate se hulp by die volgende dienspunte:
- Kafeteria- en teetuindiensbeurte Sondagoggende na kerk. Tweeuur-diensbeurte roteer ses-weekliks. Meld by Lindy, lindy@stellenberg.co.za/021 976 4519 aan.
- Sekuriteitdiensbeurte tydens eredienste. Diensbeurte is ongeveer sesweekliks. Meld by Lindy lindy@stellenberg.co.za/021 976 4519 aan.
- Kookspan. Die span kom elke Donderdagoggend byeen om etes vir minderbevoorregtes, uitreike en liefdadigheidsprojekte te kook. Kontak asb. vir Lindy by lindy@stellenberg.co.za/021 976 4519 om jou hulp aan te bied.
- Eredienswerkers word veral by die oggend- en gesinsdienste benodig. Jy sal een keer per maand aan diens wees en is verantwoordelik vir die opneem van kollekte, die uitdeel van die nagmaal en die verwelkoming van lidmate. Meld by Odette, odette@stellenberg.co.za/ 021 976 4519 aan.
- Kleingroepleiers word by alle kategese graadgroepe benodig. Jy kan ook die verantwoordelikheid vir ‘n kleingroep met iemand deel. Sodoende kan julle mekaar aflos. Kontak asb. die jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za/021 976 4519 indien jy kan help.