Die kosprojek lewer tans voedselhulp aan 20 gesinne in die omgewing en ondersteun ook gesinne wat deur BADISA en die Ruyterwacht Senior Sentrum bygestaan word. Bydraes van nie-bederfbare kositems moet asb. voor 28 Januarie by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan per EFT na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005, verwysing KOSPROJEK oorbetaal word.