Is jy nuut in die gemeente?

deur: ds. Marius Breytenbach

In Stellenberg is dit vir ons belangrik om voortdurend die gemeente en sy aktiwiteite so in te rig dat lidmate kan tuiskom en nader aan God en mekaar groei. In ’n makrogemeente kan dit vir ’n mens voel of jy op Sondae tussen ’n magdom mense verdwyn. Daarom wil ons graag deur middel van spesiale byeenkomste persoonlik met nuwe lidmate kennis maak en hulle beter leer ken.

Nuwe lidmate, wat in die loop van 2018 by ons aangesluit het, word daarom hartlik na ’n byeenkoms op Sondag 21 Oktober om 09:00 in die feesmarktent uitgenooi. Hier stel ons graag nuwe lidmate aan mekaar voor en deel die gemeente se visie met hulle.

Ons kuier saam om die restauranttafels, luister na die Woord van die Here en vier die voorreg om deel van ’n geloofsgemeenskap te wees.  Ds. Marius Breytenbach lei die byeenkoms met die teks en tema: Watter plek is dit hierdie? Kom vind die ware Jakob! Genesis 28. Ons maak ook spesiaal vir voorskoolse en laerskoolkinders voorsiening.

Kontak vir Odette Basson (021 976 4519, odette@stellenberg.co.za) indien jy graag hierdie geleentheid wil bywoon. Ons benodig die getalle vir die bediening van verversings.

Alle nuwe lidmate word aan ’n predikant wat vir hulle verantwoordelikheid neem en hulle ook tuis sal besoek, toegewys.  Kontak asseblief vir Odette Basson (021 976 4519, odette@stellenberg.co.za)  indien jy nog nie vanjaar besoek is nie.