Ek nooi jou graag uit om hierdie week saam te dink oor een van ons waardes: Ons reik uit oor grense heen. Om ons te help om hieroor te dink lees ek graag ons teksvers uit
Teks: 1 Korintiers 13: 4-7
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele,
maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.
Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit,
maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem,
maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom oor die waarheid.
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles,verdra alles.
Ek lees graag ’n gedig van Stef Bos wat ook iets vertel oor hoe liefde ons na mekaar trek en ons nooi om altyd nader aan mekaar te beweeg:
Mens moet van twee kante
kom
om mekaar te ontmoet
jy moet eintlik
toevallig
onderweg wees
jy moet
geen doel
voor oe he
en jy moet
laat gebeur
waarvoor jy bang is
jy moenie
alles
wil verklaar nie
voor jy jou kom kry
het jy
en die ander
oorlog verklaar
mens moet
van twee kant
kom
om mekaar te ontmoet
jy moet jouself
in die ander
durf sien
sonder om
in die ander
te verdwyn
dit kan opeens
sommer
voor jou staan
en lyk na iets waarvan jy liefs wil vlug
dit is die aardige
van geluk
jy maak dit waar
of jy maak dit stukkend
dit kan jou bedreig
dit kan jou behoed
maar mens moet
van twee kante kom
om mekaar te ontmoet